Blog

Welkome Toetsfasiliteite vir Bestuurderslisensies in Gansbaai

Welkome Toetsfasiliteite vir Bestuurderslisensies in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Welkome Toetsfasiliteite vir Bestuurderslisensies in Gansbaai

Vir beter nuus kon daar in ‘n lang tyd nie gevra word nie: 

“Baie goeie nuus vir plaaslike inwoners, asook inwoners van die Overbergstreek, is dat Gansbaai later vanjaar toegerus sal wees om leerling- sowel as voertuig bestuurderslisensie toetse plaaslik te kan doen.” 

Gans-Berg Nuus het verneem dat harde werk agter die skerms dit moontlik gemaak het dat daar voorsiening in die 2021/22 begroting van die Munisipaliteit Overstrand gemaak is vir die ontwikkeling van 'n behoorlik toegeruste administratiewe afdeling waar leerlinglisensie-toetse afgelê kan word. Voorts is die bou van 'n moderne voertuig-toetsbaan vir bestuurderslisensies aan die agterkant van die munisipale kantore in Gansbaai en Gansbaai Kliniek.

“Vanweë beperkte fondse in die begroting was plaaslike personeel, wat primêr verantwoordelik is vir instandhouding van munisipale infrastruktuur soos munisipale strate, genoodsaak om self hand aan die ploeg te slaan om die projek te volooi - baie dankie aan hierdie personeellede!” het mnr Francouis (Kat) Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie gesê. 

Mnr Myburgh het bygevoeg dat Gansbaai in die gelukkige posisie was om onontwikkelde grond, waarvan die ligging aan al die primêre vereistes voldoen, beskikbaar te hê vir die bou van die baan. Die area wat slegs aan die een kant aan 'n ontwikkelde eiendom (Gansbaai Kliniek) grens, het homself ideaal daartoe verleen om 'n moderne baan te ontwerp. Dié baan voldoen aan die voorstelle van die relevante Provinsiale- en Nasionale Departemente en Verkeersowerhede. Beginsel goedkeuring is reeds na afloop van 'n departementele ondersoek en evaluasie uitgereik.

Die grootte van die area van die toetsbaan is ongeveer 7 350 m² en voorlopig sal daar na verwagting slegs genoeg fondse beskikbaar wees om die areas waar die fisiese toetse plaasvind, te plavei. Die res van die baan sal voorlopig net as toegange na die toetsbane voorberei word. “Die aanwending van munisipale personeel en toerusting, eerder as die gebruik van 'n privaat kontrakteur, het 'n aansienlike besparing teweeg gebring en die personeel verdien lof vir die kwaliteit van werk wat hier verrig word,” het mnr Myburgh gesê.

Die fasiliteit vir die teoretiese toetse vir leerling-lisensies is reeds voltooi as deel van die munisipale kantore en sodra die spesialis-toerusting wat benodig word vir oogtoetse, ensomeer deur die Provinsiale Administrasie installeer is, sal hierdie toetse ook plaaslik afgeneem kan word. Die Munisipaliteit het reeds bewys ontvang van die amptelike registrasie van die fasiliteit, “Drivers Licence Testing Centre” (DLTC), wat op 22 September 2021 in terme van die Nasionale Padverkeerswet, 1996 uitgereik is.

Na verwagting sal hierdie nuutste toevoeging waar die Overstrand Munisipale Raad poog om dienste na die kliënt te bring, groot verligting bring vir diegene wat tot dusver van die fasiliteite van Hermanus, Bredasdorp, Caledon en selfs verder gebruik moes maak. Die verwagting is verder dat die ingebruikneming van die fasiliteite in Gansbaai kliënte van oral in die Wes-Kaap sal lok, aangesien die meeste van hierdie fasiliteite nie aan die aanvraag kan voldoen nie en dat daar oral waglyste en lang rye van kliënte voor die kantore aangetref word.

Daar word met groot opgewondenheid uitgesien na die amptelike ingebruikneming van hierdie geriewe later vanjaar.

Grondplanne vir die Toetsterrein.

 
Hardus Botha
Welkome Toetsfasiliteite vir Bestuurderslisensies in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles