Blog

Fratsongeluk in Gansbaai

Fratsongeluk in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Fratsongeluk in Gansbaai

Die bedrywighede in Kleinstraat, direk agter die polisiestasie, wat na groot chaos gelyk het, het behoorlik die koppe op Donderdag, 30 Junie 2022 laat draai. ‘n Munisipale vragmotor, waarop ‘n rubberboot gelaai was, het op sy sy in die straat gelê. ‘n Laaigraaf, hyskraan en ander swaar masjienerie het die vragmotor probeer regop kry.

Wetstoepassers het beslag gelê op ‘n rubberboot wat na Gansbaai SAPD vervoer is om geberg te word. Die sleepwa, waarop die boot was, het gebreek. ‘n Munisipale vragmotor is ontbied, waarop die boot gelaai is. By die polisiestasie se omheinde bergings-area agter die stasie aangekom, kon die boot nie sonder die sleepwa ingestoot word nie.

‘n Hyskraan is gebruik om die boot van die vragmotor af te lig en aan die anderkant van die heining te laat sak. Dis waar die probleem toe begin. Die staal stut-arms van die hyskraan het in die nat grond ingesak en die gewig was te veel - die gevolg was dat die vragmotor omgeval het en op sy sy beland het.

Dit was ‘n blote fratsongeluk, sonder enige beserings, wat aan geen nalatigheid toegeskryf kan word nie. Gansbaai SADP-lede was die wetstoepassers deurgaans behulpsaam.

Hardus Botha
 
Fratsongeluk in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles