Blog

Eliza Se Gospel CD Amptelik Bekendgestel

Eliza Se Gospel CD Amptelik Bekendgestel

Gans-Berg Nuus / News

Eliza Se Gospel CD Amptelik Bekendgestel

“Ek het baie uitgesien na die amptelike bekendstelling van my eerste Gospel CD, ‘God is op die Troon’, in Gansbaai Primêr se skoolsaal,” vertel Eliza Felix. “Vir my was dit ‘n hoogtepunt en ook ‘n droom wat verwesentlik is.” Sy is ook vol lof vir haar eggenoot, Andreas Felix vir sy volgehoue ondersteuning en aanmoediging.

Dit was behoorlik ‘n prestige funksie in die skoolsaal, ingesluit ‘n lewendige orkes wat die gaste kon vermaak. Al wat ‘n jongmens, tannie of oom was, was spoggerig vir die spesiale geleentheid geklee - hulle het behoorlik ‘uitgehang’ asof dit ‘n huweliksonthaal was! Eliza sê die orkes, Sean Swart van die Take Note Band, het uitstekend gevaar met haar liedjies wat hulle so pragtig aangebied het.

Eliza is ‘n gebore Gansbaaier en werk vir die afgelope 5 jaar as Assistent Bestuurder by Premier Fishing in die Protea Sentrum onder leiding van JP Coetzer. Voorheen was sy vir sowat 5 jaar ‘n baie bekende lid van Ikamva Jeugontwikkeling saam met Yolandé Sauls. Sy vertel dat sy gedurende daardie tyd baie lief vir die jeug geword het. “Daarom wil ek nou op jeuglede met sangtalente fokus om hulle te help en te oortuig dat hulle ook groot hoogtes kan bereik,” sê sy.

Eliza bedank graag haar familie, vriende, die orkes, gemeentelede en borge vir hulle ondersteuning om die aand suksesvol te kon aanbied. “Ek glo ek kan persoonlik ‘n verskil maak met my betrokkenheid by die jeug, asook in die beplanning van ons gemeente en kunstenaars vir ‘n volgende funksie.,” het Eliza gesê. 

 
Hardus Botha
Eliza Se Gospel CD Amptelik Bekendgestel

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles