Blog

Uitstekende Eisteddfod-Prestasies vir LSG se Skoolkore

Uitstekende Eisteddfod-Prestasies vir LSG se Skoolkore

Gans-Berg Nuus / News

Uitstekende Eisteddfod-Prestasies vir LSG se Skoolkore

Laerskool Gansbaai (LSG) se twee skoolkore het Vrydag, 22 Julie 2022 uitstekend by die Overberg Eisteddfod in Caledon presteer, met die skool wat baie trots op hulle is. Hulle is die Grondslagfasekoor (Gr R-3), wat met ‘Goud’ beloon is en die Seniorkoor (Gr 4-7), wat met ‘Silwer’ beloon is.

Image 1
Senior Skoolkoor - Silwer, met Asanti Smit (links) en Carla du Toit (regs).
Image 2
Junior Skoolkoor - Goud.

“Hierdie twee skoolkore is in Maart 2022 deur twee Gr R-mammas, Carla du Toit en Asanti Smit, gestig,” vertel Annette Wessels. ‘n Skamele 4 maande later spog die Juniors met ‘Goud’ en die Seniors met ‘Silwer’ - dit wil mos nou gedoen wees!

Annette vertel dat koor-werkswinkels tydens die skoolvakansie vanaf 11-15 Julie vir altwee die kore aangebied is. Dit was ter voorbereiding vir die Overberg Eisteddfod en ‘n wonderlike spangees is tydens dié werkswinkels opgebou. “Ons koorlede het pragtig in hulle splinternuwe koordrag tydens die Eisteddfod vertoon,” sê Annette. “Die Grondslagfase-meisies met hulle haarstrikkies en die Seniorkoor met hulle serpies het beslis die aandag getrek.”

Die Overberg Eisteddfod het wonderlike blootstelling en ‘n gulde leergeleentheid aan die koorlede gebied. Annette sê vir ‘n ‘afskopkoor’ wat 4 maande ‘oud’ is, kan hulle net trots wees op hulle pragtige prestasies. Die Grondslagfase-koor behaal Goud vir hulle twee liedere, met ‘n verwerking van “Dis julle wat die wind” en “So ry die trein”, asook “As Oupa so sê”. Die Seniorkoor verwerf Silwer vir hulle drie liedere “Soos ‘n wildsbok”, “Talking to the moon” (Bruno Mars) en “Daar kom die Alibama”, met Ewie Fourie op die drom.

Kommentaar wat deur die drie beoordelaars gelewer is, was onder andere: “Pragtige, sprankelende koor; vertoon pragtig; pragtige gesigsuitdrukkings en meelewing; goeie dinamiek; oulike uitroepe en byklanke; goeie liedkeuses; knap begeleiding; julle vertel die storie met oortuiging; hier is baie potensiaal; goeie energie!” 

“Kommentaar soos hierdie getuig van wonderlike samewerking in die Gansiekoorspan tussen koorlede en afrigters. ‘n Span wat beslis die goeie naam, wat Laerskool Gansbaai reeds op verskeie gebiede het, is nou ook op kultuurgebied na verdere hoë hoogtes geneem,” het ‘n trotse Annette gesê. “Elke stem tel - dit is op min plekke só waar soos in ‘n koor. Mag elke stem pragtig ontwikkel sodat daar nog wonderlike klanke uit Laerskool Gansbaai se koorspan voortgebring kan word - ons is baie trots op ons kinders!!”

(Foto’s: Asanti Smit)

 
Hardus Botha
Uitstekende Eisteddfod-Prestasies vir LSG se Skoolkore

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles