Charl Eksteen op pad na groot rugby-hoogtes

Charl Eksteen op pad na groot rugby-hoogtes

Gans-Berg Nuus / News

Image

Charl Eksteen op pad na groot rugby-hoogtes

Charl Eksteen, die 17-jarige Gansbaaier oor wie Gans-Berg Nuus onlangs geskryf het, is nou op pad na groot rugby-hoogtes - onder andere met sy droom om oorsee te kan gaan speel. Charl se ma, Adéle Eksteen sê die nodige aansoekvorms is reeds in ‘n proses van finalisering. “Ek glo my seun gaan nog groot hoogtes in rugby bereik,” het sy gesê.

“Ek wil graag almal van harte bedank wat my die afgelope twaalf jaar so getrou ondersteun het om my rugby-drome te verwesentlik,” sê Charl. “’n Opregte en spesiale dankie aan al my borge wat bygedra het, asook my familie, vriende en die gemeenskap van Groter Gansbaai.” Hierdie kranige rugbyspeler het onlangs vir Boland o/18 in die Boland Cravenweek op die veld uitgedraf.

Charl is ‘n Gr 12 leerder aan die HTS Drosdy in Worcester. Sy laerskoolloopbaan het hy by Laerskool Gansbaai voltooi. Sy hart is vanaf kindsbeen af in rugby. Hy is ‘n jongman wat 1.78m in sy rugby-stewels staan en weeg ‘n volle 104kg. Sy posissies op die veld is loskopstut of haker, afhangende van waar hy benodig word. Gans-Berg Nuus wens Charl alle sterkte toe met sy rugbyloopbaan wat op hom wag.

 
Hardus Botha

‘n Deel van Charl Eksteen se borge oor die afgelope 12 jaar.
Charl Eksteen op pad na groot rugby-hoogtes

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles