Ikoon van Gansbaai in Ernstige Motorongeluk: Freddie Engelbrecht

Ikoon van Gansbaai in Ernstige Motorongeluk: Freddie Engelbrecht

Gans-Berg Nuus / News

Ikoon van Gansbaai in Ernstige Motorongeluk: Freddie Engelbrecht

‘n Ware ikoon van Gansbaai, Freddie Engelbrecht, se afleweringsvoertuig het Dinsdag, 26 Julie 2022 omstreeks 11:00 gerol, met Freddie wat ernstig beseer is. Die ongeluk het in die omgewing van Maanskynbaai naby Vogelgat plaasgevind. Freddie se seun, Jonathan Engelbrecht, het die voertuig bestuur en hulle was op pad na Somerset-Wes vir ‘n besigheidsafspraak.

Image 1
Freddie en Kokkie Engelbrecht.
Image 2
Jonathan Engelbrecht en sy ma, Kokkie.

“Ek het vir ‘n oomblik in my pa se rigting gekyk omdat hy ernstige mediese probleme onder lede het,” vertel Jonathan. “In daardie breukdeel van ‘n sekonde het die voertuig die effens hoë rand van die teerpad gevang en direk daarna die sagte grondgedeelte en buite beheer geraak en gerol.” Jonathan sê die voertuig is erg beskadig, maar die stewige staalraamwerk op die bak van die voertuig het verhoed dat die kajuitgedeelte platgedruk is. “Indien die staalraam nie so stewig op die bak en oor die kajuit van die voertuig vas was nie, sou die gevolge sonder twyfel tragies vir altwee van ons gewees het,” sê Jonathan. “Selfs die kantspieëltjies was nog heel.”

Die SAPD en ambulansdienste was vinnig op die toneel. Freddie is in die eerste ambulans gelaai, wat meganiese probleme ondervind het. Hy is na die tweede ambulans, St Johns Ambulansdienste, oorgeplaas, wat hom na Hermanus Mediclinic geneem het. Vandaar is hy direk na Vergelegen Mediclinic in Somerset-Wes vervoer. Freddie is in die Intensiewe Sorgeenheid opgeneem, waar hy steeds is. Hy het gebreekte ribbes opgedoen en sy nek is ook beseer,” het sy geskokte eggenote, Kokkie gesê. “Jonathan het heelwat kneusplekke opgedoen, maar is net oor sy pa bekommerd.”

“Die verkeersbeamptes, polisie en ambulanspersoneel was ongelooflik behulpsaam en ondersteunend,” het Jonathan gesê. Kokkie het na Adél Nel van Pride Properties, ‘n jarelange vriendin van hulle verwys. “Adél was eerste op die toneel en het ‘n geweldige ondersteunende rol gespeel. Sy was letterlik my inligtingsbron terwyl ek nog nie daar was nie.”

Freddie en Kokkie Engelbrecht is oor jare heen baie bekende persoonlikhede in die dorp. Freddie met sy bekende ERS Enginering in die industriële-gebied en Kokkie met haar ewe bekende en jarelange Komtessa Boutique in Hoofstraat. “Freddie se kliënte het altyd na sy gebou verwys as die skoonste en netjieste ingeneurswerke-winkel wat hulle nog ooit gesien het,” het Kokkie gesê. Freddie het die besigheid op ‘n stadium verkoop, maar dit weer teruggekoop. 

Jonathan, hulle oudste seun, is die eienaar van Benguela Gastehuis in De Kelders. Freddie se jongste seun, Werner Engelbrecht het op Dinsdag, 2 Augustus 2022 vanaf London hier aangekom. Hy woon al die afgelope 25 jaar saam met sy gesin in London.

Freddie verkeer al geruime tyd in ‘n baie swak gesondheidstoestand, onder andere met net een nier wat funksioneer het en hy was ook gereeld op dialise. “Na die ongeluk het die dokters in die hospitaal agtergekom dat sy oorblywende nier intussen ook nie meer gefunksioneer het nie,” het Kokkie vertel. “As dit nie vir die ongeluk was nie, sou ons dit nie eers geweet het nie.” Met die ter perse gaan van hierdie berig was Freddie steeds in die Intensiewe Sorgeenheid, met sy toestand wat ernstig verswak en agteruitgegaan het. Die span van Gans-Berg Nuus wens die gesin en familie baie, baie sterkte toe.

 
Hardus Botha
Ikoon van Gansbaai in Ernstige Motorongeluk: Freddie Engelbrecht

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles