Blog

Alumni-lede geniet Perlemoen-ete

Alumni-lede geniet Perlemoen-ete

Gans-Berg Nuus / News

Alumni-lede geniet Perlemoen-ete

Die gesellige groep oud-Maties (Alumni-Interaksie) van die Gansbaai-tak het op Dinsdag, 2 Augustus 2022 vir die 3de keer in Gansbaai gesellig saamgekuier. “Wat ‘n besonderse aand rondom ons eie Overberg see-juweel was dit nie gewees nie,” het Asanti Smit, sameroeper van Gansbaai Alumni-tak vir oud-Maties gesê. “Of die trekpleister nou die unieke disse, waarby perlemoen ingesluit is,was, en of dit die eerstehandse inligting oor Suid-Afrikaanse Perlemoenboerdery was en of dit bloot net die gesellige Matie-samesyn was, die kombinasie was absoluut ‘n ‘drie-dubbel-in-die-kol’ geleentheid.”

Die byeenkoms is in die Great White House gehou en is baie goed bygewoon. Chris Pead en sy span het gesorg dat die oud-Maties ‘vingerlek-lekker’ perlemoen geniet. Met die aankoms was dit ‘Braised Abalone’, wat met ‘Creamy Abalone in Bamboo Boats with Nori Rice’ opgevolg is! Asanti sê met so ’n koue wintersaand in ‘n wenner-venue, ‘n gasspreker wat haar sout werd is, onverbeterlike perlemoengeregte en plaaslike wyne, was die aand eenvoudig “tops”! Sy sê nuwe vriendskapsbande is weer gesmee, oues is versterk en nuwe denke en inligting is uitgeruil. “Vrae is in een pot gegooi, met wie weet wat alles daar kan uitborrel net om weer elders ‘n verskil te maak,” sê Asanti. “’Inligting’ is ‘n kragtige stuk gereedskap. Aande soos hierdie is dikwels daardie sneller om ons eie benaderings onder ‘n ander lig te bekyk en by bedrywe buite ons eie veld te ontdek. Dankie aan élkeen wat kom deel het in die besonderse aand, spesiaal ook aan Karen Bruns en Ferdi van Dyk van die Universiteit van Stellenbosch.”

 
Suid-Afrikaanse Perlemoen boerdery-bedryf

Die gasspreker, self ook ‘n Alumni-lid, Lize Schoonbee is aan die woord gestel. Lize is die Plaasbestuurder van Romansbaai Perlemoenplaas (Aquinion) en het haarself uitstekend van haar taak as gasspreker gekwyt. “Wêreldwyd is daar baie perlemoenspesies, waarvan daar met 6 tot 7 spesies kommersieel geboer word,” het sy gesê. “Die Suid-Afrikaanse spesie is die Haliotis midae, maar ek gaan deurgaans sommer na alle spesies as ‘perlemoen’ verwys.”

Vir baie Oosterse kulture is perlemoen ‘n simbool van geluk, sukses en welvaart. Daarom is daar so ‘n groot mark daarvoor in die Ooste. Lize het verwys na ‘n verskeidenheid van perlemoen-markte, maar spesifiek na die sogenaamde ‘connoseurs’, soos wynkenners, wat net sekere spesies verkies - dit is hier waar SA perlemoen tot sy reg kom, aangesien dit uiters gesog is. “In sekere wêreldmarkte staan die SA perlemoen as die ‘blonde abalone’ bekend,” het Lize gesê.

“Suid-Afrika produseer ongeveer 2 500 ton perlemoen per jaar deur middel van perlemoenplase.” Lize het uiters interessante inligting tydens die aanbieding met die gehoor gedeel. Daarna het sy insiggewende videos vertoon om die gehoor op ‘n virtuele toer deur die Romansbaai Perlemoenplaas van Aqunium te neem. Die proses waarmee perlemoen gekweek word, is volledige beskryf - te veel om hier daarna te verwys.

Die Alumni-interaksiegroep bestaan uit oud-Maties wat aan die Universiteit van Stellenbosch studeer het. Die webtuiste, www.matiesalumni.co.za kan besoek word vir meer inligting. Oud-Maties in die Overberg kan gerus by die Gansbaai Maties Alumni-tak se WhatsApp-groep aansluit. Navrae: Asanti Smit by 082 972 8437.

Image 1
Fransil Kotze, Lize Schoonbee, Asanti Smit, Karen Bruns en Ferdi van Dyk.
Image 2
Lize Schoonbee (gasspreker).
 
Hardus Botha
 
Alumni-lede geniet Perlemoen-ete

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles