Blog

Marieta’s Hair, Toes and Nails: Vyfde Verjaarsdag

Marieta’s Hair, Toes and Nails: Vyfde Verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Marieta’s Hair, Toes and Nails: Vyfde Verjaarsdag

Marieta de Beer het haar Marieta’s Hair, Toes & Nails se vyfde verjaarsdag op Vrouedag, 9 Augustus 2022 gevier. Sy het haar besigheid in Franskraal se deure op 9 Augustus 2017 oopgemaak en groei steeds van krag tot krag.

Van buite af mag die besigheid klein lyk, maar met die binnestap is dit duidelik dat daar ‘n hele verskeidenheid van vroue-mooi-maak-dinge aan die gebeur is. Die doen, sny en kleur van hare teen billike pryse is nommer een - Love is in the Hair! Bietjie weg van die hare af, is daar eyebrow wax (wenkbrou-versorging), feet pedicures (voetversorging) en nail manucures (naelversorging) - ook maar moeilik vir die joernalis om by die Afrikaanse terme van vroue-dinge uit te kom!

Marieta se mooimaak-dinge stop egter nie by hare, voete en naels nie. Sy doen ook kop, nek en skouer masserings om daardie gespanne spiere te laat ontspan.

Marieta en haar eggenoot, Barend, is oorspronklik van Pretoria. Daar het sy al die jare in haarsalonne gewerk, met die droom om eendag haar eie salon te kan oopmaak. “Hierdie salon wat ek vyf jaar gelede begin het, is gebedsverhoring, daarom is my Hemelse Vader die eerste wat ek opreg wil dankie-sê,” vertel Marieta. Sy bedank ook vir Barend vir sy ondersteuning en hulp om haar droom te kon verwesentlik. “Dan net ‘n groot dankie aan die eienaars van die gebou, John en Renette Collen, asook al my wonderlike kliënte gedurende die afgelope vyf jaar, waarsonder ek nie ‘n bestaan sou kon voer nie.”

Marieta’s Hair, Toes & Nails kan te Cillierstraat 75, langs Franskraal Minimark besoek word. Vir navrae en/of afsprake kan Marieta by 076 015 1076 geskakel word, of stuur ‘n epos aan haar by debeermarieta12@gmail.com.

 
Hardus Botha
Marieta’s Hair, Toes and Nails: Vyfde Verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles