‘Country en Western’ - Geselligheid by Birkenhead Boothengelklub

‘Country en Western’ - Geselligheid by Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

‘Country en Western’ - Geselligheid by Birkenhead Boothengelklub

‘n ‘Country & Western’-tema-geselligheid, om watter rede ookal, bly maar altyd ‘n groot sukses en pure plesier en genot vir saamkuier. So was dit ook Saterdagaand, 6 Augustus 2022 tydens die Birkenhead Boothengelklub se maandfunksie.

Die Country-versiering van die saal het beslis die regte atmosfeer vir die aand geskep - om nie eens te praat van die baie Country-Cowboy-geklede paartjies nie. Charlie Steyn het seker gemaak sy Cowboy-rewolwergordel met ‘rewolwers’ in die houers, het die nodige respek afgedwing - tot almal se verligting was dit speelgoed rewolwers! Jan Lourens het met sy Musiekfabriek se Country-dansmusiek verder tot die aand se gesellige atmosfeer bygedra.

Die gebruiklike lootjietrekking is nie aangebied nie, maar spesiale pryse is in die volgende kategorieë aan paartjies toegeken: Bes-geklede paartjie - Danie en Estelle du Toit; Beste Danspaartjie - Jacques en Charmaine du Toit; Paartjie met die beste Country-gees - Charlie en Francelle Steyn. Voorsitter Robbie Nelson het Margi Muller en Hardus Botha gelukgewens met hul verjaarsdae op dieselfde dag as die funksie, met die gaste wat hulle hartlik toegesing het! Margi Muller het haar eggenoot, Steve, met ‘n ‘Vadoek-broek’ as geskenk verras wat deur Anita Botha gemaak is! 

Selfs die ete was pure Country-styl, met vier soorte sop, patats, soet wortels en stampmielies, asook die gebruiklike broodtafel - nagereg het natuurlik nie agterweë gebly nie. So tussen alles deur het Robbie die name van nuwe lede, wat die funksie ongelukkig nie kon bywoon nie, voorgehou: Elna van Zyl, Helgard Terblanche en André en Kerstin Wentzel.

Maart en Julie 2022 se uitstaande hengelpryse is ook oorhandig, maar van die wenners kon nie teenwoordig wees nie. Net Bev Swart en Ben Uys was teenwoordig. Danie (Snr) du Toit het Danie (Jnr) du Toit se prys in ontvangs geneem. Eintlik was Ben Uys op sy eie genoeg - bykans al die pryse is aan hom oorhandig!

Image 1
Pryswenners: Voor - Jacques en Charmaine du Toit (Beste Danspaartjie). Links agter is Charlie en Francelle Steyn (Beste Gees-paartjie) en Danie en Estelle du Toit (Bes geklede paartjie).
Image 2
‘n Gesellige oomblik by een van die prag-versierde tafels.
Image 1
Hengel-pryswenners - Bev Swart, Ben Uys en Danie (Snr, namens Jnr) du Toit.
Image 2
 
Hardus Botha
 
‘Country en Western’ - Geselligheid by Birkenhead Boothengelklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Natalie-Dominique Louw’s Déjà Vu Paintings

Step into Déjà Vu with our Local Artist Shine at Groeneweide Farm

Reconnecting With Yourself

Reconnecting With Yourself

Reconnect to rediscover your true self

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Medal Haul for Stanford Canoe Club at Nationals

Team Stanford Delivers Outstanding Performances at SA Canoe Sprint Championships

Grootbos Foundation
From Confusion to Clarity

From Confusion to Clarity

Clarity comes from reconnecting within

Hello April, Hello Diamonds!

Hello April, Hello Diamonds!

Diamonds are a girl's best friend.

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Mood Board Masterclass Round Two: 2 May 2026

Creative mood board workshop event at Kaliko.

See All Articles