Blog

BARC Fondsinsamelings Gholfdag

BARC Fondsinsamelings Gholfdag

Gansbaai Golf Club

BARC Fondsinsamelings Gholfdag

Blaffende ‘honde-dankies’!

Die jaarlikse BARC Fondsinsamelings Gholfdag op die gholfbane van Gansbaai Gholfklub op Saterdag, 5 November 2022, het weer eens vir groot opwinding en baie pryse vir die spelers gesorg - maar ook vir noodsaaklike fondse vir BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre).

Daniël van der Merwe & Francois van der Merwe was die wenners van die 2Ball American Scramble kompetisie met 65 net. (Sien berig: Gansbaai Gholfklub vir volledige inligting).

Bev Swart, Gholfklub Kaptein, het die deelnemers verwelkom en gemeld dat dit ‘n plesier is om hierdie jaarlikse gholfdag ten bate van BARC aan te bied. Bev het ook 4 baie spesiale items opgeveil - “...en die persoon wat nog dink hy vryf net sy neus - die bod sal net daar toegeslaan word!” het Bev gewaarsku. 

BARC se Trusteelede en Vrywilligers het hulle opregte dank en waardering aan Gansbaai Gholfklub se bestuur, en in die besonder Johan Pfister, uitgespreek vir die beskikbaarheid van die fasiliteite, asook hulle hulp en ondersteuning vir die spesiale dag ten bate van BARC. Die gholfklub se twee kroegmanne, Leon en Ian, is ook spesiaal bedank.

“’n Spesiale en groot dankie aan elke deelnemer, asook die baie borge en putjieborge wat dié dag met warm harte en oop beursies ondersteun het,” het Hardus Botha, ‘n Trusteelid van BARC, gesê. Hy het verskoning gemaak vir Annalie Jonker, BARC se Bestuurder, wat met vakansie is. Hardus het ook kortliks agtergrondgeskiedenis van BARC aan die spelers oorgedra, asook BARC se visie, missie en doelwitte. “Die jaarlikse BARC-Gholfdag se winste word uitsluitlik vir ‘n gratis sterilisasiedag ge-oormerk,” het hy gesê. Met die tong in die kies het hy bygevoeg dat die honde se ‘toejuigings’ só groot is asof elke speler ‘n ‘hole-in-one’ (kolhou) geslaan het. Nog twee Trusteelede, Vera Swart en Thèrése de Wet, asook twee getroue vrywilligers, Gina Esterhuisen (ook ‘n kranige gholfspeler) en Elsabe Schoombie het hard gewerk om ‘n suksesvolle gholfdag te kon aanbied. “Die 4 dames het saam met Annalie ‘n WhatsApp-groep gestig, met die naam van ‘Barc se Vyf’,” het Hardus afgesluit. “Ek sou graag die naam na ‘Barc se Groot Vyf’ (Big Five) wou wysig, met verwysing na hulle harde werk en onbaatsugtige liefde vir diere.”

(Foto’s: Vera Swart)

 
Hardus Botha (Gans-Berg Nuus)
BARC Fondsinsamelings Gholfdag

Hardus Botha (Gans-Berg Nuus)

Gansbaai Golf Club in Kleinbaai offers a beautiful 9-hole (18-tee) golf course in between indigenous fynbos and the ocean. The course has a links-style layout with stunning sea views from most fairways. The club has permanent spectators, including resident Cape Grysbokkies, Anguilla tortoises and Ki...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

BARC March 2026 Newsletter

BARC March 2026 Newsletter

Check out our latest newsletter!

BARC Animal Welfare
Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Celebrating All Things Furry on the 7th of April 2026

Join us for a fun event supporting BARC animal welfare.

BARC Animal Welfare
Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Celebrate Easter at Gansbaai Vismark!

Fresh seafood fun this weekend

Gansbaai Vismark
Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstrand

Easter Weekend Events in the Overstand!

Gansbaai Tourism
The Investment That Changes Everything

The Investment That Changes Everything

Invest in yourself, unlock everything

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Developing Young Talent on Gansbaai’s New Artificial Turf

Grootbos Foundation hockey programme in Gansbaai develops players of all ages, from creche activities to senior training

Grootbos Foundation
See All Articles