Borge Oorhandig Nuwe Rugbytruie
Tydens 'n geselligheid op Woensdag, 24 Mei 2023, het al ons rugbyspanne (0/7 - 0/13) hul nuwe rugbytruie vir die seisoen ontvang. Ons innige dank aan die borge wat dit moontlik gemaak het, nl. Gansbaai Build it (Hoofborg op bors), Xplorio (Lae rug), The Beach House Hub (Agter op nek) en Overberg Wealth & Risk Management (Moue). Hierdie borgskappe is geldig vir 3 jaar vanaf 2023 - 2025 en ons borge sal met elke sportgeleentheid blootstelling geniet. Ons sien uit na ontvangs van die geborduurde sportbroekie, 0/13 spanbaadjies en 0/13 rugsakke.
Dankie weer eens aan ons borge hierbo wat ons seuns so pragtig voorsien het met nuwe truie, wat hul met trots sal dra by elke wedstryd!












