
Maths Horizon Toppresteerders
Baie geluk aan Ewie Fourie (Gr 7), wat uitgenooi is na die Toekenningseremonie van die Maths Horizon-kompetisie wat by die Baxter Teater in Kaapstad aangebied word. Hy is een van slegs twee leerders in die Overbergdistrik wat uitgenooi is en hul vorm deel van die Top 176-leerders wat hierdie prestige geleentheid gaan bywoon.
Rondte 1 is in kwartaal een afgelê en Rondte 2 op 12 Mei, waar 30 van ons Gr 5 tot 7-leerders deelgeneem het.
Welgedaan, seun! Ons is geweldig trots op hierdie ongelooflike prestasie van jou. Op die foto verskyn Ewie saam met sy ewe trotse Wiskunde-onderwyseres, juffrou Jean-Maré van Eck.
For more information, contact Laerskool Gansbaai.











