Blog

Birkenhead Boothengelklub - Gesellige Saamkuier en Pryse

Birkenhead Boothengelklub - Gesellige Saamkuier en Pryse

Gans-Berg Nuus / News

Birkenhead Boothengelklub - Gesellige Saamkuier en Pryse... Sonder Hengelkompetisie

Die Birkenhead Boothengelklub se maandeindfunksie vir September was, soos altyd, die ene geselligheid met ‘n klubsaal vol lede en gaste. Marilda Louw en haar twee regterhande, Jan Louw en Charlie Steyn, het ‘n pure lente-atmosfeer met die saalversiering geskep. Voeg daarby Hein Kroese se musiekfabriek vir voete-jeuk musiek, Lizette se gerookte bees-briskette met smaaklike bykomstighede en sjokolade brownies & roomys as nagereg, asook die klub se kroegdame, Geraldine Schreiber op haar pos - wil jy nou meer, die perfekte resep vir ‘n gesellige kuier- en dansaand.

Derick Peterse het die aand se verrigtinge namens voorsitter Robbie Nelson waargeneem. As gevolg van swak weersomstandighede, kon die September-kompetisie nie plaasvind nie. Die pryse vir die boothengelkompetisie van 5 Augustus 2023 is wel oorhandig - ‘n kompetisie waartydens net twee bote, Waca van Carl Dyer en Scarmax van Kenny Owen, met die aand se pryse weggestap het.

Waca en bemanning het egter met hulle vangstes uitgetroon: swaarste bootgemiddeld; swaarste vis en swaarste sak (Carl Dyer); 2de swaarste vis en 2de swaarste sak (Philip Fourie) - baie geluk aan Waca en bemanning!

Kenny Owen en sy bemanning op sy boot, Scarmax, het ook baie goed gevaar: 2de swaarste bootgemiddeld; dame swaarste sak (Anita Vermeulen); dame 2de swaarste sak (Colleen Kemm) - ook baie geluk aan julle!

Die res van die aand was net een groot geselligheid wat terdeë deur die lede en gaste geniet is - tot laataand toe. Drie goeie wyne is ook deur gelukkige kaartjie-nommers gewen. Derick het ook die geselligheid van elke Woensdagaand se informele braai by die klub onder almal se aandag gebring. 

 
Hardus Botha
Birkenhead Boothengelklub - Gesellige Saamkuier en Pryse

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles