Blog

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vir 2024

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vir 2024

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vir 2024

Verlede week het die eerste Duiwe Wedvlug vir die 2024-seisoen plaasgevind - vanaf Lainsburg. Soos lesers sal onthou, was dit ‘n week van storms, vloede en baie sterk wind. Die duiweboere het ‘n sug van verligting geslaak toe Vrydag aanbreek met pragtige sonskynweer. Die duiweboere kon hul duiwe eers ‘n ‘losmaal’ om die hok gee, aangesien dit Vrydagaand ook mandjietyd was. 

Die duiwe is gemandjie en op die duiwesleepwa gelaai om na Worcester vervoer te word. Daar is die duiwe op die Boland vervoer-vragmotor oorgelaai vir hul reis na Lainsburg. Saterdagoggend is die duiwe losgelaat - eerste die Jaaroud Duiwe om 08:30 en daarna die ouer duiwe om 09:00. Daarna het die wagtyd aangebreek om te sien hoe laat die eerste duif by die hokke aankom. ‘n Nuwe en onbekende faktor het vir angstigheid tot die uitslae bygedra, maar is oorkom.

Met uitluityd was die resultate soos volg:

Jong Duiwe: 

Human Loft 1, 4, 17; Louis Groenewald 2, 8, 9, 12, 13, 14, 15, 20; J+J Swart 3, 5; Norman Snr Stevens 6, 16, 18; Fourie Lofts 7, 19; Snr Germishuys Hokke 10, 11. ‘n Nuwe lid wen hier, baie geluk!

Ope Duiwe: 

Fourie Lofts 1, 2, 3, 5, 6, 11; Seun du Bruyn 4; Snr Germishuys Hokke 7, 8, 9, 12, 20; J+J Swart 10, 15, 16, 19; C+R Kruger 13, 14; Louis Groenewald 17, 18. Dit was ‘n pragtige prestasie deur Fourie Lofts - baie geluk!

Overberg Posduif Unie, net die Top 10, se uitslae was soos volg:

Jong Duiwe:

Human Loft (Gansbaai); J Rickett 2, 3, 10 (Grabouw); Bros Buchianeri 4 (Middelvlei); Louis Groenewald 5 (Gansbaai); Parnell Lofts 6, 7, 8 (Grabouw); G Daniels 9 (Caledon).

Ope Duiwe:

N Reynolds 1, 2 (Bredasdorp); Fourie Lofts 3, 4, 5, 9, 10 (Gansbaai); Jenovan Lofts 6 (Bredasdorp); Seun du Bruyn 7 (Gansbaai); Bros Buchianeri 8. Baie geluk aan die Top 10 in die Unie.

Nog ‘n nuwe duiwehok wat in ons kontrei begin vuur het, wat ek dink die lesers baie van gaan hou, is die Ou Skool Duiwehok in Baardskeerdersbos. Hierdie hok is by die Ou Skool Restaurant gestig. Die publiek kan Saterdag daar kom sit en kyk hoe die duiwe arriveer. Daar gaan dan ook weddenskappe op die duiwe geplaas word (R50) en die wenner staan ‘n kans om ‘n aardige bedrag te wen. Die duiwe in die hok is van die plaaslike duiweboere, asook van die Unie duiweboere. Fasiliteite soos ‘n kroeg en restaurant sal beskikbaar wees.

Gansbaai Posduifklub: Eerste Duiwe Wedvlug vir 2024

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles