Naledi se Ster Skitter by Kunstekaap

Naledi se Ster Skitter by Kunstekaap

Gans-Berg Nuus / News

Naledi se Ster Skitter by Kunstekaap

Naledi van Johan Coetzee in De Kelders, Gansbaai se Ster het behoorlik by die Kunstekaap op Vrydagaand, 31 Mei 2024 geskitter - van die 19 boeke op die kortlys, het 5 uit Naledi se stal gekom. Meer nog, een daarvan se skrywer is met die Andrew Murray-prys vereer en die ander skrywer met die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir debuutwerk - dit wil gedoen wees! Naledi is nie verniet ‘n Sepedi (Noord-Sotho) woord wat ‘Ster’ beteken nie! 

Daniël Louw is met sy boek, Daar is Méér, as die 2024-wenner van die Andrew Murray-prys aangewys, met Sandy Schoeman wat met haar boek, Rooiletterkind, met die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir debuutwerk vereer is - altwee hierdie boeke is deur Naledi van Johan Coetzee uitgegee.

“Alleen die baie-fyn-dink is helder: só fyn dat niemand dit wil vat nie.” - NP van Wyk Louw. Twee getroue (oplettende) koffiedrinkers is gereeld in ons dorp se lieflike koffiewinkels opgemerk, diep in gesprek met mekaar - Daniël Louw en Johan Coetzee. “Nadat baie water, of eerder cappuccino-en-wortelkoek, in die see geloop het, is die ‘baie-fyn-dink’ tydens ‘n glansryke geleentheid by die Kunstekaap bekroon,” vertel Johan. Daar is Daniël as die 2024-wenner van die Andrew Marray-prys met sy boek, Daar is Méér, aangewys. “As Daniël se gespreksgenoot en uitgewer, het ek die prestige geleentheid saam met hom bygewoon.” Johan wou deel in die vreugde en seëviering van die kunste, “of durf ek my verstout om te sê: ‘die seëviering van die boek in hierdie dae van kits- en prentjieplesier, asook die Groot Ongeletterheid, te midde van die alledaagse sleur, wat voortdurend dreig om ons te verswelg.”

Op daardie betrokke aand het Naledi se Ster baie helder geskyn - benewens die toekenning van die Andrew Murray-prys aan Daniël Louw, is die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir debuutwerk deur Sandy Schoeman met haar boek Rooiletterkind, gewen. Naledi se 5 boeke op die kortlys van 19 boeke wat vereer is, is:

Daar is méér deur Daniël J Louw (Naledi); Deur die tonnel van twyfel deur Koos Kombuis (Naledi); Geweld teen vroue onder redaksie van Bernard Lategan en Chris Jones (Naledi); 21 Voices from Israel and South Africa - Why the Palestinian struggle matters onder redaksie van Marthie Momberg (Naledi); Rooiletterkind deur Sandy Schoeman (Naledi). 

In kort kom dit daarop neer dat Naledi in die drie kategorieë twee wenners opgelewer het - ‘n uitstekende prestasie! Daniël Louw het homself op die verhoog met sy ontvangsrede onderbreek om Johan Coetzee te nooi om by hom te kom aansluit - met die gehoor wat spontaan vir Johan, die ‘skugter en baie privaat’ mens agter Naledi, applous gegee het terwyl hy na die verhoog gestap het. “Ons luister na ons eie South African Youth Choir en ons word bederf met ‘n fees van volronde wyne en veerligte happies,” vertel Johan. “Soos in ‘n droom vlieg die aand verby - en die wenner is…”

“Meer is om te worstel met die kompleksiteit van lewensgebeure; om binne die raaisel van paradokse te ontdek dat die lewe ook mooi en sinvol kan wees ten spyte van verliese en die wete van sterflikheid.” - Daar is Méér deur Daniël Louw.

Image 1
Image 2

Hardus Botha

Naledi se Ster Skitter by Kunstekaap

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles