Blog

Alzheimer Demensie in Gansbaai

Alzheimer  Demensie in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Alzheimer Demensie in Gansbaai

“As jy een persoon met Alzheimer ken, ken jy nét daardie persoon, want nie een van hulle is dieselfde nie,” het Malan Heyns tydens ‘n insiggewende praatjie in die Pretoriussaal gesê. Malan (Alzheimer) en Santa Oosthuizen (Demensie) het, op uitnodiging van ds Willie Kotze en ds Hanri Joubert van Gansbaai NG-gemeente, ‘n praatjie oor Alzheimer en Demensie gelewer. Die onverwagte groot opkoms het die nood rakende dié twee ‘siektes’, asook Parkinsons, in Gansbaai-omgewing, beklemtoon. Die NG-gemeente se Bediening: Gasvryheid het vir verversings gesorg. 

Alzheimer

Malan Heyns is ‘n dosent in Sielkunde en is onder andere betrokke by die Alzheimervereniging van Suid-Afrika se internasionale proewe waar nuwe medikasie getoets word en baie meer.

“Alzheimer is, naas kanker en Parkinsons, die siekte waarvoor mense die bangste is,” het hy gesê. Alzheimer is eerste deur Alois Alzheimer in Duitsland in 1906 gediagnoseer en die pasiënt was ‘n ene D Auguste - bykans 120 jaar gelede. Ná al die jare is daar steeds nie veel meer rakende die basiese oorsake en/of behandeling van die siekte bekend nie. Malan se insiggewende aanbieding is té omvattend om volledig te kan weergee.

Demensie

“Ongeveer die helfte van mense met Parkinsons, ontwikkel Demensie,” het Santa Oosthuizen gesê. “Demensie is die agteruitgang van aktiewe breinfunksionering, dikwels vanweë die doodgaan van breinselle.” Alzheimer is een vorm van Demensie en waarskynlik die algemeenste vorm - 50% tot 70% van alle gevalle. Demensie kan dus as ‘n sambreelterme met baie verskillende oorsake gesien word. Santa is ‘n afgetrede maatskaplike werker wat as ‘n vrywilliger by Hermanus Senior Sentrum dienste aan persone lewer wat leef met Demensie, asook aan hulle families en versorgers. Gesinne wat met hierdie toestande gekonfronteer word, is aangeraai om duidelikheid by hulle geneeshere oor simptome van Alzheimer en Demensie te kry ten einde vroegtydige advies in te win. 

Navrae rakende die lys van vrywilligers om by die Ondersteuningsgroep betrokke te raak, kan aan ds Hanri Joubert by 061 058 1030 gerig word, of stuur ‘n epos aan hom by hanri.joubert@gmail.com.

Hardus Botha

Alzheimer  Demensie in Gansbaai

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles