Blog

Herberg-aan-See se Jaarlikse Basaar op 21 September!

Herberg-aan-See se Jaarlikse Basaar op 21 September!

Herberg aan See

Herberg-aan-See se Jaarlikse Basaar op 21 September!

Maak gereed vir een van Herberg-aan-See se grootste hoogtepunte van die jaar! Herberg se jaarlikse basaar is om die draai en vind in die Pretorius Saal op 21 September plaas.

Dit is nie net enige geleentheid nie, dis 'n viering van gemeenskapsgees en ondersteuning vir Gansbaai se wonderlike aftree-oord.

Image 1
Image 2
 
'n Gemeenskapsamekoms

Elke jaar kom Herberg se inwoners en hul vriende bymekaar om hierdie fantastiese fondsinsameling te hou en so te verseker dat Herberg-aan-See aanhou floreer. 

Van tafels wat tuisgebakte lekkernye en koeke verkoop, tot die gewilde wit olifant stalletjie, daar is iets vir almal by die basaar. 

Merk jou kalender en maak gereed vir 'n dag van pret, winskopies en gemeenskapsgees!

 
Jou Vrygewigheid Maak 'n Verskil

Om hierdie jaar se basaar so wonderlik soos altyd te maak, benodig Herberg-aan-See jou hulp! Hier is hoe jy kan bydra:

• Naaldwerk: Gebreide items, hekelwerk, komberse, voorskote, oondhandskoene - komaan Gansbaai, wys jou handwerkvaardighede!
• Speelgoed: Enigiets wat 'n kind se dag sal ophelder - van speelkleibokkies tot popklere en houtkarretjies, jy noem dit, die kinders wil dit hê.
• Gebakte Goedere: Beskuit, brode, koeke, terte en beskuitjies - as dit vars uit die oond is, hoort dit op die koektabel.
• Lekkers: Fudge, klapperys, gelukspakkies - enigiets wat die soettand sal bevredig!
• Bestanddele: Meel, olie, eiers, suiker, jellie, vleis, vis - elke bietjie help om die tradisionele poedings en bredies te maak wat sinoniem is met ouwêreldse basaars!
• Boeke: Fiksie, niefiksie, koffietafelboeke, resepte, kinderboeke, tydskrifte - kom ons vul die basaar se boekerakke!
• Plante: Van saailingbakke tot vrugtebome, as dit in grond groei, behoort dit by die kwekerystalletjie!
• Wit Olifant: Breekware, eetgerei, sagte meubels, ornamente, gereedskap - jy noem dit, die tweedehandse tafel wil dit hê!

 
Hoe om Betrokke te Raak

Het jy iets om te skenk of wil jy 'n handjie bysit? Kontak die basaar se wonderlike koördineerders vir meer inligting:

• Francia van Dyk: 082 551 3613
• Linda Cilliers: 082 722 8605
• Lynette Andrews: 072 737 1039

 
Kontant Skenkings

Verkies jy om kontant te gee om fondse te vermeerder? Geen probleem nie! Jy kan 'n direkte skenking maak na Herberg-aan-See se bankrekening:

• Herberg-Aan-See
• ABSA Bank
• Tjekrekening: 3220 150 991
• Verwysing: HaS Basaar

Die inwoners en personeel van Herberg-aan-See bedank U vir U vriendelikheid en vrygewigheid.

Saam kan ons die jaar se basaar die beste een ooit maak! Sien julle op 21 September!

Herberg-aan-See se Jaarlikse Basaar op 21 September!

Herberg aan See

Herberg-aan-See is an assisted living facility for the elderly in Gansbaai, run by BADISA, a non-profit, faith-based social welfare organisation. The main building at Herberg-aan-See offers single, unfurnished rooms for those residents who are independent and need minimal support. A frail care unit ...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

How Fear-Based Thinking Is Holding Your Business Back

How Fear-Based Thinking Is Holding Your Business Back

What if the real crisis is not your economy…

Inspiring Young Leaders Through Sport

Inspiring Young Leaders Through Sport

The Premier Skills International Enterprise Programme kicked off last week within our sports programme with a field trip to the admin office...

Grootbos Foundation
Protect Your Property from Coastal Moisture

Protect Your Property from Coastal Moisture

Living in a coastal town like Gansbaai offers incredible views and fresh sea air, but it also exposes homes and buildings to high levels of moisture...

Gansbaai Build it Plus
SUPERBLOOM SEASON SPECIAL

SUPERBLOOM SEASON SPECIAL

Witness a spectacular once-in-two-decades fynbos revival.

Grootbos Foundation Welcomes New Team Members

Grootbos Foundation Welcomes New Team Members

Meet the newest members of our team.

Grootbos Foundation
See All Articles