Blog

LSG Kore Offer Vakansie Op

LSG Kore Offer Vakansie Op

Gans-Berg Nuus / News

LSG Kore Offer Vakansie Op

Laerskool Gansbaai (LSG) se uitstaande Junior- en Senior Kore was bereid om die afgelope wintervakansie op te offer vir die derde agtereenvolgende jaar se omvangryke koorwerkswinkel - bravo aan elke staatmaker-koorlid!

“Dapper Gansie-koorlede het, gepantser teen die koue, hul absolute toewyding gegee om hulself goed vir die komende Helderberg Eisteddfod in Julie vanjaar te gee,” vertel Asanti Smit, koorleier en -afrigter van LSG se skoolkore. “Dit dien ook as voorbereiding vir die musiekaand saam met Anton Goosen, ons ‘eie’ Liedjieboer, aan die begin van Augustus 2024.”

Gedurende die koorwerkswinkel, onder leiding van Asanti, het die onderskeie kore onder andere hulle stemkwaliteit, gehoor en konsentrasie op kreatiewe maniere uitgebrei.  “Die leerders het terselfdertyd baie hard gewerk aan die afronding van hul liedjies vir die twee belangrike koorgeleenthede wat op hulle wag,” het Esti Goosen van LSG gesê.  “Namens die skool dra ek ook ons opregte dank en waardering teenoor Asanti oor, wat nie net háár tyd aan die skool skenk nie, maar ook haar ma, Tannie Annetjie Smit se tyd, wat sy ingespan het om met die klavierbegeleiding te help.” Annetjie was vir baie jare self ‘n bekende koorafrigter en het ook haar eie musiekskool gehad.

“Baie dankie aan al ons koorlede wat in hul vakansietyd bereid was om skool toe te kom en saam met Asanti hard gewerk het - julle opoffering en getrouheid word raakgesien en opreg waardeer,” het Esti gesê.

Hardus Botha

LSG Kore Offer Vakansie Op

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles