R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

Een so 'n padgebruiker, Deon Oliver het aan Gansbaai Courant gesê: "My versamelmotor se spieel is morsaf". Deon 'n inwoner van Perlemoenbaai is baie hartseer oor die skade aan sy antieke 1975 Datsun 1200. In sy geval het 'n aankomende vragmotor 'n klip opgeskiet wat die spieel getref en dit morsaf gebreek het. So 'n spieel is natuurlik nie mak­lik bekombaar nie.

Sy seun, Llewellyn, deesdae 'n predikant op Uiten­hage, was sowat 'n jaar gelede op pad terug Lesotho toe, waar hy by 'n kinderhuis betrokke was, toe 'n opslaanklip die motor se voorruit flenters geslaan het. Dit het op min of meer dieselfde plek gebeur as waar sy pa se motor beskadig is. Hy het die skade by die eerste STOP/RY punt aangemeld en verderaan ook een van die trokdrywers laat stilhou om te wys wat gebeur het. Hy moes by sy bestemming uitkom en aangesien sy buitelandse versekering nie die skade gedek het nie, was hy genoodsaak om sonder 'n voorruit tot in Maputo te ry. Na oproepe en korres­ pondensie het die kontrakteursfirma, BopCons Umla­ zi Joint Venture UV) hom verwittig dat hulle geen verantwoordelikheid vir die skade neem nie.

Almari Laubscher, die eienaar van 'n Mercedes Benz SLK, was vanaf De Kelders op pad dorp toe, toe sy vir 'n aankomende voertuig moes uitswaai. "Die pad is baie nou en die kant van die pad het my wiel gegryp" en dit oor klippe en bourommel laat beland. Die verkoeler is beskadig en die buffer moet vervang word. Die skade beloop meer as R49 000. Haar motor moes opgelaai word en staan tans in die Kaap vir reparasiewerk. Sy het 'n saak by die polisie aanhangig gemaak.

Die eienaar van TMS Bauers, Manny de Bruyn se Ford Mustang-band is op die rand van die pad gesny. Dit is teen R7000 vervang. 'n lnsleepmaatskappy wat die pad byna daagliks gebruik, moes reeds vier windskerms vervang weens opskietklippe deur verbygaande voertuie. Volgens 'n woordvoerder by die maatskappy vind die meeste ongelukke in die nag plaas. Die hoofoorsaak daarvan is meestal spoedoortredings en alkoholmisbruik. 

Volgens 'n woordvoerder van BopCons Umzali JV is die padwydte van 3m tot 3.1m honderd present wet­ tig en is daar 'n goeie rede waarom die spoedgrens op 60km/u bepaal is. Spoedradars is aangebring om motoriste bewus te maak daarvan wanneer hulle die spoedgrens oortree.

Spoedlesings van 200km/u is al op die skerms in hul kantoor gelees. Die meerderheid van motoriste handhaaf nie die spoedgrens nie en veroorsaak naelbytoomblikke op die roete. Teen 60km/u en handhawing van wetlike afstande tussen voertuie, behoort opskietklippe normaalweg nie skade aan te rig nie.

R43 Padgebruikers Kla: Padmakers Moet Spoed Verminder

Marinda vd Walt

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles