Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Sirkels bevat nege nuwe liedjies, insluitend drie toonsettings ‘Bly by my’, my lief enen ‘Êrens is jy’ van Antjie Krog, asook Apollo 11 (Rumtestasie Houston) van DJ Opperman. (Sien berig in hierdie uitgawe: Kultuurguru’s deurvleg met Kroonstad se kaalvoetkinders) Dit sluit ook twee duette, met onderskeidelik Lise Swart en Zolani Mahola in.

Die eerste enkelsnit vanaf die album, Bly by my, my lief, wat hy vir die Woordfees getoonset het, is sedert dit in Mei uitgereik is, baie goed deur radiostasies, resensente en luisteraars ontvang. Anton se eerste album, Boy van die Suburbs, was in 1979 ‘n kitssukses

Anton is ‘n lewende legende, algemeen beskou as die vader van Afrikaanse rock, het al meer as 20 albums uitgereik en die musiek vir verskeie films geskryf, insluitend ‘n Brief vir Simone (1980), Die laaste Tango (2013) en Siembamba (2017). Hy het ook liedjies vir beroemde kunstenaars soos Sonja Herholdt, Laurika Rauch, Richard Clayderman, Carike Keuzenkamp en Koos Kombuis geskryf. In sy veertigste jaar in die musiekbedryf (2019), het hy die album 40 Jaar: Liedjieboer innie Langpad uitgereik.

Gedurende sy loopbaan is Anton met verskeie toekennings vereer, insluitend SAMA, Innibos en FAK, vir sy lewenslange bydrae tot musiek.

Buiten die uitreiking van Sirkels, werk Anton vanjaar aan verskeie konsertvertonings, asook ‘n vier-episode dokumentêr saam met filmvervaardiger, Niel van Deventer.

Sirkels is meesterlik saamgestel en bied ‘n lekkerluister-ervaring vir oud en jonk. Dit is beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Gaan soek dit by: linktr.ee/antongoosenliedjieboer

Gansbaai Courant wou weet wanneer sy plaaslike gehoor eendag ‘n beurt kry om hom te sien optree en was verras om te hoor dat ‘n vertoning sommer om die draai is.

Hy en sy kitaarspeler, Illimar Neitz, met Valiant Swart as gaskunstenaar, tree op 1 en 2 Augustus by Laerskool Gansbaai op. Die twee kultuuraande met die oog op fondsinsameling vir die skool, word in samewerking met drie onderwyseresse, Estie (Anton se vrou), Asanti Smit en Alana Louw gereël.

Sirkels: Anton Goosen se Nuwe Album en Vertonings

Marinda van der Walt

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Golf Competition Results for 9 - 12 Sep 2026

Golf Competition Results for 9 - 12 Sep 2026

Golf Competition Results for 9 - 12 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance results in self-sabotage.

GGAP Fun Club Launch in Franskraal | 24–26 September 2026

GGAP Fun Club Launch in Franskraal | 24–26 September 2026

GGAP invites YOU to BOOK THE DATES for Thursday 24 - Saturday 26 September 2026. 

Security, Solar, Electrical and Hardware Supplies

Security, Solar, Electrical and Hardware Supplies

Looking for reliable security, solar, electrical and hardware products? We’ve got you covered!

Rump or Sirloin - Which One Is Your Favourite?

Rump or Sirloin - Which One Is Your Favourite?

When it comes to steak, rump and sirloin are both great choices...

Prime Cuts Meat
Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Spring is here, which means it’s a great time to tackle those painting projects around the house. 

See All Articles