Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

As die sandkorrels wat onder Seaviewrylaan 177 toegebou is kon praat, sou daar sekerlik kort-kort ‘n geskaterlag opgeklink het. Hierdie erf is al sedert 1950 deel van die De Vries-familie en dra ‘n familiegeskiedenis van 74 jaar. Die legendariese wynmaker, Helmie de Vries, het die huis in 1977 as vakansiehuis vir sy gesin by Bettie Joubert, sy tannie, gekoop. Die vreugde en herinneringe wat dit vir Helmie en Amanda, hul kinders, kleinkinders en vriende gebring het, is ontelbaar. Die De Vriese het die huis in 2005 begin verander en in 2007 as Franskraal B&B begin bedryf. Die gastehuisfase was vir hulle net so ‘n groot plesier soos wat die gesinsvakansies daar was.

In elke lewe kom daar hartseer en Helmie is op 16 Julie 2014 aan kanker oorlede. Amanda het voortgegaan met haar liefdestaak om gaste vanoor die wêreld te ontvang en met haar langtafel-etes te bederf. Een van haar gaste was André van Wyk met wie sy nou reeds drie en ‘n half jaar getroud is. 

 ‘n Nuwe wêreld het vir Amanda oopgegaan met André as lewensmaat. Sy beroep as eiendomswaardeerder neem hom dwarsoor die land en Amanda reis graag saam. Soos wat die twee al minder tyd by die Franskraal-huis deurgebring het, is die vlae wat altyd vrolik gewapper het wanneer daar gaste was, gesak. Die nuwe prentjie wanneer hulle tyd daar deurgebring het, was die bekende gemakstoele waarin hul hul tuisgemaak het met ‘n glasie wyn in die hand, terwyl hulle die wyduitgestrekte see-uitsig geniet. Wat eers ‘n vrolike hawe vir besoekers was, het ‘n stil huis geword en Amanda het besluit dit is tyd om aan te skuif.

“Dit was ‘n wonderwerk” het Amanda Saterdagaand tydens hul Aanskuifete aan haar vriende vertel. Twee Pretorianers, Naas en Leonie Vermaak, het die huis die 27ste April besigtig, op 2 Mei ‘n aanbod gemaak en op 21 Mei is die koopkontrak geteken.

Tydens die aanskuifete (want afskeid klink so finaal), Saterdagaand, 29 Junie 2024, is daar lekker gelag en staaltjies uit vervloë dae opgediep.

“Die sirkel is nou voltooi” het sy gesê. “Helmie is nou tien jaar van ons af weggeneem en ek het net besef dat my kinders se herinneringe by die ou huis lê.” 

Hulle onthou lê in die groot grasperk voor die huis, met die see waar hulle vinnig ‘n perlemoen of kreef kon gaan uithaal, op die kole braai; of snorkel om die rykdom van die oseaan te ontdek. Daar was altyd ‘n klomp mense aan die kuier. Vele tradisies word by die Franskraalhuis agtergelaat, soos 26 Desember se sjampanje-ontbyt en daarna piekniek op Romansbaai se strand. Cornie van der Merwe het een jaar die Kersdiens voor die ou huis op die grasperk gehou. Oujaarsaande was dit skaapbraai en dans – jonk en oud het meegedoen.

Dit is mooi herinneringe, maar tyd vir Amanda om aan te skuif, by André in Durbanville te gaan bly en die nabyheid en grootwordjare van kleinkinders te geniet.

Amanda Skuiw Na 'n Nuwe Era

Marinda van der Walt

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Golf Competition Results for 9 - 12 Sep 2026

Golf Competition Results for 9 - 12 Sep 2026

Golf Competition Results for 9 - 12 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance Results in Self-Sabotage

Resistance results in self-sabotage.

GGAP Fun Club Launch in Franskraal | 24–26 September 2026

GGAP Fun Club Launch in Franskraal | 24–26 September 2026

GGAP invites YOU to BOOK THE DATES for Thursday 24 - Saturday 26 September 2026. 

Security, Solar, Electrical and Hardware Supplies

Security, Solar, Electrical and Hardware Supplies

Looking for reliable security, solar, electrical and hardware products? We’ve got you covered!

Rump or Sirloin - Which One Is Your Favourite?

Rump or Sirloin - Which One Is Your Favourite?

When it comes to steak, rump and sirloin are both great choices...

Prime Cuts Meat
Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Is Your Wall Ready for a Fresh Coat of Paint?

Spring is here, which means it’s a great time to tackle those painting projects around the house. 

See All Articles