Dorp Raak Al Vroliker
Ons lesers het sekerlik al opgemerk dat die tuin by die Great White Junction bewerk en beplant word. Dit is ‘n inisiatief van Gansbaai Tuinbouklub onder leiding van Carla Gouws. Indien jy ‘n bydrae kan lewer in die vorm van plante, arbeid, kunsmis of kontant, skakel Carla by 084 769 4905.
Louise Swart staan aan die stuur van die kunsgroep wat die muurskilderye behartig. Skakel haar by 083 777 9061 indien jy ‘n bydrae wil lewer of ‘n handjie wil bysit om Gansbaai vroliker te maak.