Blog

Gansies Triomfeer met Groot Brag

Gansies Triomfeer met Groot Brag

Gans-Berg Nuus / News

Gansies Triomfeer met Groot Brag

Ja-nee, met 8 wenne uit 13 netbalwedstryde en 4 wenne uit 5 rugbywedstryde teen Laerskool De Villiers Graaf (Akkedissies), kan Laerskool Gansbaai (Gansies) van harte gelukgewens word - met hulle suksesvolle Groot Brag op Vrydag, 16 Augustus 2024, asook vir hulle oorwinngs op Saterdag, 17 Augustus 2024! Die oorwinnings sluit met trots in altwee die eerste spanne wat gewen het - baie geluk! Vergeet nie van die Skaak Interskole teen die Akkedissies nie - al hulle wedstryde is deur die Gansies gewen! 

Die Junior en Senior Groot Brag is deur ds Hanri Joubert geopen, met die kostelike verhaaltjie van die twee paddatjies, waarvan net die een oorleef het - omdat hy nie moed opgegee het nie. Hy het die leerders gevra om, wanneer dit nie so goed gaan nie, saam te staan en te skree: “Onthou die padda!”. Verskeie voorspoedwense is aan die leerders oorgedra, asook verrassende voorspoedwense deur bekende persoonlikhede.

Die dirigente is voorgestel en ‘wilde’ krete is in die skoolsaal gehoor. Die skoolkore onder leiding van Asanti Smit het pragtige sang opgelewer en die gedugte skaakspanne is ook voorgestel. Laastens het die groot oomblik aangebreek - die onderskeie rugby- en netbal sportsterre is onder groot toejuiging voorgestel. Laastens is die eerste spanne voorgestel, met die skoolsaal se dak wat byna gelig het van die geskree. Soos dit die gebruik is, het elke lid sy/haar kep ontvang wat deur die ouers vir hulle opgesit is. Altwee die prag-geleenthede is met die sing van die Skoollied afgesluit.

Uitslae van Interskolewedstryde:

Netbal

o/13A wen 33-9; o/13B wen 9-6; o/12A wen 18-2; o/12B wen 7-3; o/11A verloor 6-8; o/11B wen 4-3; o/10A wen 8-3; o/10B verloor 1-5; o/9A verloor 7-4; o/9B verloor 4-1; o/8A verloor 8-0; o/8B wen 2-1; o/7 wen 6-1.

Rugby

o/13A wen 22-18; o/11A wen 31-15; o/9A verloor 5-2; o/8A wen 50-0; o/7A wen 2-1.

Hardus Botha

Gansies Triomfeer met Groot Brag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles