Blog

Drie SAPD-Offisiere Tree Af Op Dieselfde Dag

Drie SAPD-Offisiere Tree Af Op Dieselfde Dag

Gans-Berg Nuus / News

Drie SAPD-Offisiere Tree Af Op Dieselfde Dag

Drie van Gansbaai SAPD se offisiere het op 31 Julie 2024 hul laaste werksdag by die polisiestasie gewerk: Kaptein Danie Rautenbach, Kaptein Piet Franse en Adjudant-Offisier George Hayes. ‘n Gesellige afskeidsfunksie is by die Great White House vir hulle gereël. Die Gans-Berg Nuus wens al drie offisiere alle sterkte toe met hul toekomsplanne.

Kapt Danie Rautenbach

Danie het ‘n plasie naby Riversdal gekoop - hy het nog altyd gedroom van sy eie plasie. “Ek gaan rondawels vir toeriste op die rivierwal bou en verder na ‘n paar skapies omsien,” vertel hy met ‘n glimlag. Danie is met Hanriette getroud en het ‘n seun, Danie (Jnr) en ‘n dogter, Christa. Op sy tyd was Danie ‘n bekende stoeier en stoei-afrigter, met medaljes en toekennings ‘vir Afrika’, asook Nasionale medaljes.

In 1986 begin hy as SAPD-student by Elsiesrivier aan, daarna is hy vir 6 maande na die Pretoria Kollege. Danie se loopbaan: Rondebosch Wageenheid by Ministers; Goodwood SAPD Speurtak; Georganiseerde Misdaad Eenheid in Kaapstad; Gansbaai Unieform Bevelvoerder; Gansbaai Speurtak se bevelvoerder (2005-2024).

Francois de Jongh, welbekende voormalige Gansbaaier, het die volgende stemboodskap vanuit Sedgefield aan die Gans-Berg Nuus gestuur: “Vir my was Danie ‘n gemeenskapper met intregriteit en ‘n bo-baas speurder bevelvoerder wat moeilike moordsake en sindikate in die Overberg en Overstrand ondersoek en opgelos het. As joernalis het ek hom vir bykans twee dekades goed leer ken en hom deurgaans vir sy deeglike ondersoekwerk gerespekteer, asook as ‘n gesinsman wat hy by uitstek is.”

Kapt Piet Franse

Piet het op 1 Desember 2018 by Gansbaai SAP as Misdaadvoorkomingshoof begin. Na skool doen hy 2 jaar diensplig in die weermag te Eerste Rivier. Sy SAPD-loopbaan begin in 1988 as ‘n student in Ceres, waarna Elim en Genadendal (1992) volg, waar hy vir 10 jaar werk. Hy dien as Sateliet-stasiebevelvoerder in die Koue Bokkeveld vir 10 jaar. In 2023 keer hy Genadendal terug en nadat hy na Kaptein bevorder is, word hy na Gansbaai oorgeplaas. Piet is met Muriel getroud en het 2 dogters van 13 en 22 jaar.

Adj.Off George Hayes

George begin sy loopbaan in die SAPD op 29 Desember 1982, maar in Maart 1989 skakel hy na Walvisbaai Munisipaliteit oor. Op 1 Desember 1991 sluit George weer by die SAPD aan waar hy tot 31 Julie 2024 werksaam is. 

In kort dien George as Klerk Gr 1, Magasynmeester, Aankoper, Ondersoekbeampte, Groepleier van verskeie kursusse, Werkswinkels en indiens-opleidings. Hy ontvang ook enkele toekennings gedurende sy dienstermyn. George is getroud met Letitia.

(Die foto’s is tydens ‘n afskeidsete vir die 3 offisiere in die Great White House is deur Janine Taylor geneem)

Hardus Botha

Drie SAPD-Offisiere Tree Af Op Dieselfde Dag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. With a front page that alternates between Afrikaans and English each week, Gans-Berg Nuus / News is proud to be a platform that stays up to date with local news stories, important municipa...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Weighing and Measuring: Track Fitness Progress

Weighing and Measuring: Track Fitness Progress

At Boss Fit, we know how crucial it is to keep track of your progress on your fitness journey. 

Boss Fit
Mindset: The Key to Success

Mindset: The Key to Success

A negative mindset filled with criticism, fear, and doubt cannot result in a positive outcome of joy, success, and gratitude. 

Geliefde Bettie Booysen Se 50ste Verjaarsdag

Geliefde Bettie Booysen Se 50ste Verjaarsdag

Die gaste het op Vrydag, 30 Augustus 2024 in die mooi versierde saal van Silwerjare Dienssentrum aangesit.

Gans-Berg Nuus / News
Maintaining Your Property's Value is Key!

Maintaining Your Property's Value is Key!

Your property is one of your most valuable investments.

Featured Badge on LekkeSlaap

Featured Badge on LekkeSlaap

Rest and Sea Self-catering has been selected to join LekkeSlaap's prestigious Visibility Boost programme. 

Hospitality Students Excel in Privacy Training

Hospitality Students Excel in Privacy Training

Last week, our Hospitality students focused on respecting guests' privacy. 

Grootbos Foundation
See All Articles