Blog

30ste Verjaarsdag vir Overberg Houtwerkgilde

30ste Verjaarsdag vir Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

30ste Verjaarsdag vir Overberg Houtwerkgilde

As deel van hul 30ste verjaarsdagvieringe het die Overberg Houtwerkgilde ‘n besonderse uitstalling op Vrydag, 27 September 2024 in die Pretoriussaal op die verhoog aangebied. Dit was ‘n insiggewende en interessante uitstalling met pragtige voorbeelde van wat alles met hout gedoen kan word. Daar was houtspeelgoed, gereedskap, ornamente en baie meer, ingesluit ‘n uitbeelding met foto’s en mediaberigte sedert 1994.

Overberg Houtwerkgilde (voorheen die Overberg Houtwerk Assosiasie) is in 1994 gestig - 30 jaar gelede. Die groep houtwerkers (amateur en professioneel) se ‘veelvuldige’ doelwitte is onder andere: die uitbreiding van kennis oor die verskillende aspekte van houtwerk; hulpverlening aan lede en beginners; sosiale verkeer met ander wat van hout hou; periodieke besoeke aan houtwerk-verwante ondernemings; jaarlikse liefdadigheidsprojekte waar lede hul kundigheid en tyd gratis aanwend ter ondersteuning van plaaslike gemeenskapsinstansies en -organisasies.

Dit is dus duidelik nie net ‘n stokperdjie wat beoefen word nie - daar steek baie meer in die gilde as net dit. Gereelde interne demonstrasies word ook gereël waar spesifieke houtwerkkennis oorgedra en/of onderling uitgeruil word.

Die groep entoesiastiese lede kom elke 1ste Donderdag van die maand by Progress Design van Hennie Prinsloo in die Industriële gebied bymekaar. Belangstellendes, ingesluit dames, kan die sekretaris, De Wet Conradie, by 082 826 4411 vir navrae gekontak, of stuur ‘n epos aan hom by dewetconradie100@gmail.com.

Hardus Botha

30ste Verjaarsdag vir Overberg Houtwerkgilde

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles