Seagulls só dankbaar

Seagulls só dankbaar

Gans-Berg Nuus / News

Image

Seagulls só dankbaar

Seagulls Netbalspan onder leiding van Sylvia Jacobs het Gans-Berg Nuus laat weet dat hulle opreg dankbaar is vir al die borgskappe, donasies, waterbottels tydens wedstryde en baie meer wat hulle gereeld ontvang. “Dit is nie moontlik om name te noem nie, daar is so baie en ek is bang ek vergeet een,” het Sylvia gesê. “Almal weet wie hulle is en op watter wyse hulle ons ondersteun het - net een spesiale dankie aan mnr Corki vir wat hy vir ons gedoen het. Ons dank gaan ook aan ons Hemelse Vader vir sy bekermende hand oor ons.”

Silvia vra vir beter ondersteuning deur gemeenskapslede - sy verwys na Heidelberg waar die gemeenskap groot ondersteuners is en van ver af kom om hulle spanne te ondersteun. “Ons word nie regtig deur ons gemeenskapslede ondersteun nie,” sê Silvia. “Daarom doen ons ‘n beroep op ons gemeenskap vir ondersteuning langs die bane, maar veral ook wanneer ons met lootjielyste rondloop.” 

“Ons nooi graag netbal-belangstellendes vanuit alle gemeenskappe in Groter Gansbaai om by ons aan te sluit,” het Sylvia gesê. “Ons bestaan nie nét uit Blompark-inwoners nie, almal is welkom.” Vir navrae oor die Seagulls Netbalspan kan Sylvia Jacobs by 072 413 6861 geskakel word.

Hardus Botha

Seagulls só dankbaar

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles