Blog

Voormalige Gansie se Uitnemende Akademiese Prestasies

Voormalige Gansie se Uitnemende Akademiese Prestasies

Gans-Berg Nuus / News

Voormalige Gansie se Uitnemende Akademiese Prestasies

Mia Burgess (22), ‘n voormalige ‘Trotse Gansie’ van Laerskool Gansbaai en ‘n fenominale student aan die Universiteit van Stellenbosch, het aan die einde van haar finale jaar die vreugde en soet van pligsgetroue werk gedurende haar skool- en studiejare gesmaak. Mia is beloon met ‘n uitsonderlike toekenning: ‘Universiteit Stellenbosch se Rektorstoekenning vir Uitnemende Akademiese Prestasies’ (vir finale jaar studente) wat sy op 15 Oktober 2024 ontvang het.

Hierdie toekenning staan bekend as die mees “prestigious award” wat aan ‘n universiteitsstudent toegeken kan word - en slegs die Top 12 studente (uit ‘n totaal van 3 000) het toekennings tydens die glansryke geleentheid ontvang. Wim de Villiers, Rektor en Ada Jansen, ice-Dean, het die prestige toekenning aan Mia oorhandig.

Dit is egter nie al nie - op 26 September 2024 is Mia ook, tydens Universiteit Stellenbosch School of Accounting se toekenningsaand, as die B.Com Finansiële Bestuurswetenskappe se Top-student aangewys - met ‘n slaagsyfer van 94%. Mia kan sonder twyfel as ‘n fenominale student beskryf word.

Wat Mia se prestasies des te meer besonders maak, is dat sy op ouderdom 3 maande met erge siggestremdhede gediagnoseer is: Foviale hypoplasia, Strabisme en Okkulêre albanisme. ‘n Suksesvolle operasie op 18 maande het aan haar ‘n normale skoolloopbaan besorg. In Laerskool Gansbaai en Hoërskool Hermanus het Mia akademies van krag tot krag gegroei, met ‘n ellelange lys van toekennings agter haar naam. Die Gans-Berg Nuus het sowat 6 maande gelede volledig hieroor berig.

“As gevolg van my siggestremdheid, kon ek nie op skool aan sport deelneem nie,” vertel Mia. “Juis daarom was ek vasbeslote en gedetermineerd om akademies uitstekend te presteer.” 

Hardus Botha

Voormalige Gansie se Uitnemende Akademiese Prestasies

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Carpet Geranium: Medicinal Fynbos Spotlight

Did you know the Carpet Geranium, also known as Vrouebossie (Geranium incanum), is more than just a pretty wildflower?

Grootbos Foundation
Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

Freestyle Chess Thrills at Grootbos Lodge

This week, chess took centre stage! 

Grootbos Foundation
9 Days to Christmas: Sense of Humour

9 Days to Christmas: Sense of Humour

By now, you might be on your way to the family. Be very sure that the first thing you pack is your sense of humour.

It is Okay for Others to Talk about Themselves

It is Okay for Others to Talk about Themselves

All of us want to know that we are heard and seen, and with that, we know that we are valued.

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Sterkte aan die Wes-Kaapse Jeugskakspan

Ons wens die Gansies wat die Wes-Kaap verteenwoordig by die Mzansi Inter-Provinsiale Jeugskaakkampioenskap sterkte toe.

Laerskool Gansbaai
Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025

Golf Competition Results for 10 - 13 December 2025.

Gansbaai Golf Club
See All Articles