Blog

Voormalige Gansie se Uitnemende Akademiese Prestasies

Voormalige Gansie se Uitnemende Akademiese Prestasies

Gans-Berg Nuus / News

Voormalige Gansie se Uitnemende Akademiese Prestasies

Mia Burgess (22), ‘n voormalige ‘Trotse Gansie’ van Laerskool Gansbaai en ‘n fenominale student aan die Universiteit van Stellenbosch, het aan die einde van haar finale jaar die vreugde en soet van pligsgetroue werk gedurende haar skool- en studiejare gesmaak. Mia is beloon met ‘n uitsonderlike toekenning: ‘Universiteit Stellenbosch se Rektorstoekenning vir Uitnemende Akademiese Prestasies’ (vir finale jaar studente) wat sy op 15 Oktober 2024 ontvang het.

Hierdie toekenning staan bekend as die mees “prestigious award” wat aan ‘n universiteitsstudent toegeken kan word - en slegs die Top 12 studente (uit ‘n totaal van 3 000) het toekennings tydens die glansryke geleentheid ontvang. Wim de Villiers, Rektor en Ada Jansen, ice-Dean, het die prestige toekenning aan Mia oorhandig.

Dit is egter nie al nie - op 26 September 2024 is Mia ook, tydens Universiteit Stellenbosch School of Accounting se toekenningsaand, as die B.Com Finansiële Bestuurswetenskappe se Top-student aangewys - met ‘n slaagsyfer van 94%. Mia kan sonder twyfel as ‘n fenominale student beskryf word.

Wat Mia se prestasies des te meer besonders maak, is dat sy op ouderdom 3 maande met erge siggestremdhede gediagnoseer is: Foviale hypoplasia, Strabisme en Okkulêre albanisme. ‘n Suksesvolle operasie op 18 maande het aan haar ‘n normale skoolloopbaan besorg. In Laerskool Gansbaai en Hoërskool Hermanus het Mia akademies van krag tot krag gegroei, met ‘n ellelange lys van toekennings agter haar naam. Die Gans-Berg Nuus het sowat 6 maande gelede volledig hieroor berig.

“As gevolg van my siggestremdheid, kon ek nie op skool aan sport deelneem nie,” vertel Mia. “Juis daarom was ek vasbeslote en gedetermineerd om akademies uitstekend te presteer.” 

Hardus Botha

Voormalige Gansie se Uitnemende Akademiese Prestasies

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

CAREER FAIR BUILT-UP SESSIONS ACROSS OVERSTRAND

CAREER FAIR BUILT-UP SESSIONS ACROSS OVERSTRAND

The Department of Employment & Labour and Overstrand Municipality are planning a Jobs/Career Fair and Exhibition.

Revolution Chapter 9 - The Housing Drive: Building Dignity

Revolution Chapter 9 - The Housing Drive: Building Dignity

By the third anniversary of the September Revolution, the Council's achievements in restoring governance, stabilising the economy, and revitalising eduction had begun to bear fruit. Yet, as Harvey Jacobs repeatedly emphasised, "a nation cann...

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
See All Articles