Ma en Seun Sterf 3 Dae Na Mekaar
Oud-Gansbaaiers
Ouma Koekie (Johanna) Lourens (85) en haar seun, Dons (Johan) Lourens (62), is onderskeidelik op 10 en 7 Oktober 2024 in Ouma Koekie se huis in Gansbaai oorlede - 3 dae na mekaar. Hulle is oud-Gansbaaiers, veral Ouma Koekie wat hier gebore is. Sy is op 15 Augustus 1939 in Franskraal Karavaanpark gebore en het aan demensie gelei. Dons is op 9 Januarie 1962 gebore en is aan hartversaking oorlede - met nie een van hulle wat ‘n lang siekbed gehad het nie, behalwe dat Dons die laaste tyd hartprobleme ondervind het. Hulle het in die groot Lourens-familiehuis in Gansbaai gewoon.
Ouma Koekie is Heinrich Lourens van Gansbaai se ouma en Dons is dus sy oom. Heinrich is ‘n bekende visserman en is met Tania Lourens van die bekende Ankers Akedemie Nasorg getroud. Gansbaaiers sal onthou van Ouma Koekie en haar eggenoot, wyle Rooibol van toeka-se jare. Sy was een van die baie min oud-Gansbaaiers wat nog gelewe het. Haar ouers was Jan en Ouma Henna Stukke, wat op hulle tyd Gansbaai-legendes was. Oud-Gansbaaiers sal Heinrich se pa, Carl Lourens, onthou, wat ook een van die min oud-Gansbaaiers is wat nog lewe.
Dons was ook ‘n Trawler, wat later na See Visserye se patroliebote toe is. Hy het voor sy aftrede na Mosselbaai verhuis. Sowat 4 jaar gelede het Dons afgetree en by sy ma in Gansbaai kom woon. ‘n Gedenkdiens is deur ds Dirk van Dyk vir ma en seun, gelyktydig op 26 Oktober 2024, in die NG-kerkgebou gehou, met ‘n privaat verassing daarna. Die byna gelyktydige afsterwe van ma en seun was ‘n groot skok vir die familie.
Hardus Botha
Foto 1:
Wyle ‘Koekie’ Lourens.
Foto 2:
Wyle ‘Dons’ Lourens.