Blog

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Gans-Berg Nuus / News

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Lesers wat nie die voorreg het om ‘n ‘Wit Kersfees’ (White Christmas) oorsee te kan ervaar nie, gaan loer gerus in by Plot 1 van Jeanette Roux in Uilenkraalsmond - dit sal deur en deur die moeite werd wees en nader aan ‘n ‘Wit Kersfees’ as dít, kan mens nie kom nie.

Jeanette het buitengewone moeite met haar beplanning en voorbereiding gedoen. Die meeste van wat te sien is, het sy self vervaardig, maar op kleinskaal volgens die werklike beelde, geboue en besienswaardighede in Holland. Dan het sy ook heelparty items self in Holland gaan haal en hierheen gebring, selfs sneeu - van busse, motors, trokke, huise en, noem maar op, alles is volgens skaal vervaardig.

Foto’s kan nie Jeanette se ‘Lighuis’ in Uilenkraalsmond beskryf nie, ‘n persoonlike besoek is noodsaaklik - “mens raak skoon verlore om alles te besigtig,” het iemand gesê. Sy het ook self haar Kersboom gemaak en daar is onder ander ‘n houtvervaardigde slee met ‘n Kersvader waar foto’s teen ‘n donasie van R5 geneem kan word - en vergeet nie van die kompleet sneeu-ysskaatsbaan nie!

Vir ‘n ‘Wit Kersfees’ soos nog nooit gesien nie, gaan kyk gerus na Jeanette se ‘Lighuis’.

Hardus Botha

‘Wit Kersfees’ in Uilenkraalsmond

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

We safely transported 44 people from Brides Revival Ministry in Botrivier all the way to Johannesburg.

MNRJ Transport
Give a child a head start in 2026

Give a child a head start in 2026

Every year, the Grootbos Foundation supports the children in our Sports Programme...

Grootbos Foundation
See All Articles