Blog

Janconet Vermeulen se 1ste oorsese Toutrektoernooi

Janconet Vermeulen se 1ste oorsese Toutrektoernooi

Gans-Berg Nuus / News

Janconet Vermeulen se 1ste oorsese Toutrektoernooi

‘n Oorsese Toutrektoernooi het uiteindelik vir Janconet Vermeulen van Gansbaai aangebreek - sy en Dewald van Heerden, Oogkundige by BiermanMalan Oogkundiges, was deel van die Suid-Afrikaanse Toutrekspanne wat op 2 September 2024 aan die ‘World Championships 2024’ deelgeneem het - die ‘Tug-of-War’ in Mannheim, Duitsland. Die spanne het ongelukkig nie goed gevaar nie, maar die ondervinding wat opgedoen is, was waardevol. Elke deelnemer het wel ‘n medalje vir bywoning ontvang.

“Dit gaan nie vir my oor wen of verloor nie,” het Janconet aan die Gans-Berg Nuus gesê. “Die ondervinding wat ek opgedoen het, beteken ongelooflik baie vir my én dit was my eerste vlug oorsee!” Sy het bygevoeg dat haar besoek aan Duitsland fantasties was, maar dat alles verskriklik duur is - “Ek was erg moeg vir kitskos en kon nie wag om weer by my ma se vleis, rys en aartappels uit te kom nie!”

Die span waarin Janconet was, was die Dames Ope span (540kg), asook die Dames Geslote span (500kg), waar hulle 10de uit 14 spanne geëindig het. Haar afrigter is Melanie Botha. Dewald, wat reeds sowat 4 jaar ‘n Suid-Afrikaanse Toutrekskeidsregter is, was by die Senior Gemengde span (580kg) ingesluit, asook die Senior Mans Geslote span (680kg). In eersgenoemde geval het hulle 10de uit 18 spanne geëindig en in die volgende 9de uit 12 spanne.

Ter inligting, die volgende: daar is 8 lede in ‘n span en die gesamentlike gewig van die spanlede is die gewig waarna daar in die kategorieë verwys word. Alle medaljes, WP-kleure en Protea-kleure wat verwerf word, word in spanverband gewen en nie as individuele lede nie. Die hoofkategorieë is die Ope (Opens) kompetisies waaraan enige toutrekklub kan deelneem, terwyl die Geslote (Closed) kompetisies is waar lande Nasionaal teen mekaar deelneem. 

Intussen is hierdie jonge dame steeds baie lief vir haar eie Hardley Davidson Street 750, waarmee sy vanjaar weer aan die Motorfiets Toy Run deelgeneem het. “Baie dankie vir wonderlike ondersteuning en donasies deur die gemeenskap, aangesien deelnemers uit eie sak so ‘n toer moet aanpak,” het Janconet gesê. “Ek het groot waardering daarvoor!”

Hardus Botha

Janconet Vermeulen se 1ste oorsese Toutrektoernooi

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

We safely transported 44 people from Brides Revival Ministry in Botrivier all the way to Johannesburg.

MNRJ Transport
Give a child a head start in 2026

Give a child a head start in 2026

Every year, the Grootbos Foundation supports the children in our Sports Programme...

Grootbos Foundation
See All Articles