Ikamva se 2024-Diplomaplegtigheid
Ikamva Jeugontwikkeling en Early Childhood Development Centre, met Jolande Sauls as Bestuurder, se twee Diploma-aande het pragtig verloop. Die trotse kinders het hul diplomas vir 2024 ontvang - ongeag die ouderdom, die trotsheid van die kinders was ooglopend, met ouers wat hier en daar trane afgevee het.
Die onderskeie ouderdomsgroepe was 2-3 jaar, 4 jaar en die Gr RR’s. Afskeid is ook geneem van die leerders wat vanjaar (2025) na die ‘Groot Skool’ oorgeplaas word. Kersgeskenkies, kospakkies, lekkergoedpakkies en dies meer is tydens die diploma-aand uitgedeel, met kinders en kleuters wat alles terdeë geniet het,
Hardus Botha













