Blog

Onderwyser vra ‘Ja-woord’...

Onderwyser vra ‘Ja-woord’...

Gans-Berg Nuus / News

Onderwyser vra ‘Ja-woord’...

tussen 64 000 pelsrobbe

Marlinée Fouché, voormalige RSG-aanbieder en aktualitietsvervaardiger, wat deesdae nuus op Jacaranda FM lees, was stomverbaas toe haar kêrel van die afgelope twee jaar, die onderwyser Tiaan de Jager, haar ná ‘n uur se mariene-safari op Marine Dynamics se Dreamcatcher in Shark Alley, tussen 64 000 Kaapse pelsrobbe, om haar hand vra - en hy het die ‘Ja-woord’ gevra, omring deur robbe!

“Ek kon nie verstaan waarom Tiaan op Dreamcatcher se agterste platform gaan staan het nie, maar toe ek die kyk in sy oë sien, toe wéét ek - hier kom dit!” Op die ‘skommelende’ boot het Tiaan plegtig op sy knie neergesak, met die ring in sy hand, en die ‘Ja-woord’ is gevra - en die antwoord was ‘n duidelike ‘Ja’! 

“Die span van Marine Dynamics het, onder groot geheimhouding, vir ‘n paar weke saam met Tiaan gekonkel om die oomblik perfek te laat verloop,” vertel Christine Wessels, woordvoerder van Marine Dynamics en ook ‘n vriendin van die paartjie. “Op Maandag, 7 Januarie, is Tiaan se drome toe op die walviskyk-boot Dreamcatcher, verwesentlik!” 

Die paartjie het gestraal van geluk. “Wat die oomblik só spesiaal vir my gemaak het, is dat dit gebeur het in ‘n deel van die wêreld wat ek só liefhet,” het Marlinée gesê. Tiaan het bygevoeg: “Ek weet hoe spesiaal hierdie omgewing vir haar is, so die besluit om haar hiér te vra, was vanselfsprekend - dit sou verkeerd voel om dit op ‘n ander plek te doen. Ons sal graag die knoop in Pearly Beach wil deurhaak,” het hy met ‘n glimlag gesê. “Daar moet net plek wees om te dans!” 

Marlinée en Tiaan woon in Johannesburg, maar kuier gereeld by haar 89-jarige oupa, Daan Fouché - ‘n jarelange inwoner van Pearly Beach. Hier het sy ‘n hegte vriendskap met Wilfred Chivell, Uitvoerende Hoof van Marine Dynamics en stigter van die Dyer Eiland Bewarings Trust, ontwikkel. “Marlinée het gereeld nuusbrokkies oor ons bewaringswerk en ons African Penguin and Seabird Sanctuary vir RSG en Jacaranda FM gedoen,” het Wilfred gesê. “Haar insette het baie gehelp om bewustheid te skep oor die krisisse waarmee marienebewaring gekonfronteer word.” 

Die toeriste aan boord, van regoor die wêreld, het ‘n dag beleef wat hulle nooit sal vergeet nie. Christine vertel dat die 30 besoekers die unieke kans gehad het om die Mariene ‘Groot 6’ te sien: haaie, robbe, pikkewyne, dolfyne, walvisse - en natuurlik, die liefde met die onverwagse verlowing op see!

(Foto’s: Marine Dynamics; Info: Christine Wessels)

Hardus Botha

Onderwyser vra ‘Ja-woord’...

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

We safely transported 44 people from Brides Revival Ministry in Botrivier all the way to Johannesburg.

MNRJ Transport
Give a child a head start in 2026

Give a child a head start in 2026

Every year, the Grootbos Foundation supports the children in our Sports Programme...

Grootbos Foundation
See All Articles