
Baie geluk, Gansie-atlete!
Baie geluk aan ons Gansie-atlete wat gekwalifiseer het vir deelname aan die Boland Atletiekbyeenkoms wat op Saterdag, 22 Februarie in die Paarl aangebied word.
Hulle Suid-Bolandposisies was soos volg:
Liëtte Kotze
3de 1200m; 1ste Gewigstoot
JJ Maree
2de Gewigstoot
Keagan Swart
3de Hoogspring
Handro Anto
1ste 80m; 2de 60m
Die Boland Atletiekbyeenkoms maak slegs voorsiening vir atlete vanaf 0/10, dus sal Handro Anta nie Saterdag deelneem nie.
Alle sterkte aan Liëtte, JJ en Keagan vir die komende naweek. Ons is trots op julle, Gansies!










