
SKAAK
Ons skaakmaats woeker in hul privaattyd! Op Saterdag, 15 Februarie het Alet en Anneke du Preez, sowel as Lihan Lourens deelgeneem aan 'n skaaktoernooi wat in Welgemoed aangebied is. Lihan was 4de in die 0/10-groep, Anneke 1ste in die 0/12-groep en Alet 5de in die 0/14-groep. Baie geluk, ons is baie trots op ons Gansies wat skaak só geniet en hul harte uitspeel!










