KRIEKET
Laerskool Gansbaai het op Vrydag, 21 Februarie die groot voorreg gehad om teen "n toerspan van die Westminsterskool vanaf Londen te speel. Westminster toer elke twee jaar na Suid-Afrika, waar hulle teen sewe skole in die Wes-Kaap speel. Deur ons verhouding met Grootbos Foundation, het hulle gereël dat ons dié jaar teen die toerspan kon speel. Ons seuns het dit baie geniet en goed gespeel. Shaugin Pillay het 'n krieketbal ontvang vir 'n ongelooflike vangskoot. Die spankaptein, Keagan van der Westhuizen en afrigters, Mnr. Francoise Stoman & Kie, kan baie trots wees op die span en hul goeie spelvermoë.
Trots op julle, Gansies!













