O/13-krieketspan wys hul staal by Six-a-Side-toernooi!
Ons o/13-krieketspan het die naweek deelgeneem aan die Six-a-Side-toernooi by Laerskool Okkie Smuts en ongelooflike spel gewys! Die span het puik gevaar en dit al die pad tot in die finaal gemaak, waar hulle teen Laerskool Kleinmond te staan gekom het.
Alhoewel ons in die eindstryd moes terugstaan, behaal ons 'n trotse 2de plek in die toernooi! Baie geluk aan Laerskool Kleinmond met julle oorwinning en puik sportmangees.
'n Spesiale vermelding aan Shaugin Pillay, wat aangewys is as die beste bouler van die dag, met Keagan van der Westhuizen as die 2de beste bouler. Julle harde werk en talent het uitgeblink!
Baie dankie aan almal wat ons ondersteun het - ons is trots op elke speler!















