
SKAAK
Op Saterdag, 22 Februarie, het 59 van ons skaakleerders aan die Overbergdistrik se skaakuitdunne deelgeneem.
Verskillende skole in ons kring was teenwoordig en ons leerders het 6 wedstryde elk gespeel - ons is trots op elkeen van hulle. Die pragtige totaal van 44 Gansies is genooi om aan die finale uitdunne op 8 Maart deel te neem, waar hulle sal uitspeel vir Overbergkleure.
Ons wens hierdie 44 Gansies net die beste toe vir die uitdunne op 8 Maart. Lewer net jul beste met goeie spel en sportmanskap. Ons as 'n skool is trots op julle almal.
Maak die regte skuif!!










