Boss Fit Oefensessie
Ons wil vir Bossfit ‘n groot dankie sê vir die ongelooflike oefensessie saam met ons kinders vandag! Julle energie, entoesiasme en kundigheid maak ‘n groot verskil.
Die goeie nuus is dat hierdie oefensessies elke Vrydag by Laerskool Gansbaai sal plaasvind, heeltemal gratis!
Alle kinders tussen 10 en 13 jaar is welkom om deel te neem.
Kom kry jou oefening in en bou saam aan ‘n gesonde, sterk liggaam! Sien julle volgende Vrydag!















