Blog

Hoe rooier hoe mooier - Bietoubos Damesklub

Hoe rooier hoe mooier - Bietoubos Damesklub

Gans-Berg Nuus / News

Hoe rooier hoe mooier - Bietoubos Damesklub

“Ons het besluit om ons byeenkoms 'n dag of wat voor 14 Februarie vir Valentynsdag-vieringe te gebruik,” het Elizma de Lange, voorsitter van die Bietoubos Damesklub tydens hulle byeenkoms op Dinsdag, 11 Februarie 2025, gesê. “Die dag speel nie 'n rol nie, Februariemaand is mos die maand van 'Liefde' en hoe rooier, hoe mooier.” Sy het die manne in die koor spesiaal tussen die rooi-geklede dames verwelkom. 

Die gedugte span dames van Aletta Löchner en Marie de Jager was die gasvrouens en hulle het gesorg dat die 'liefde' van Valentynsdag behoorlik 'aangevoel' kon word. Die kostafel was oorlaai met smaaklike vrugteslaai en roomys - moeilik gewees om net foto's te neem en nie stilletjies te proe nie!

Die feestelike stemming is afgeskop met die talentvolle Gideon Naude en sy saxofoon. Gideon het die eerste vier gedeeltes van 'Six Studies in English Folk Songs' deur Ralp Vaughan-Williams op sy saxofoon gespeel. Daarna het 'n groep lede van die NG-Kerkkoor, onder leiding van Aletta en met klavier-begeleiding deur Pikkie Louw, aan die beurt gekom. Hulle het begin met 'Gebed' van Koos du Plessis en daarna 'Any dream will do' van Andrew Loyd Weber. Op aandrang van die gaste, het hulle nog 'n paar liedere gesing.

Pikkie het 'n spesiale geskenk van Aletta ontvang en Marie het geskenkpakkies (liefdesgeskenkies?) aan die manlike koorlede oorhandig. Die lootjiewenner van die dag was voorsitter Elizma.
Kort na die optredes, het Aletta die pragtige lied, 'Highway van my Hart' aan die groep soos 'n gedig voorgelees, waarvan die 3de strofe soos volg lees: “Ons brand ons grou verlede se beloftes / word nou één; Twee siele word verening - soos trane in die reën; Ek wil grys word saam met jou, elke asem binne teug, want die langpad wat ek loop, is die kortpad na jou!”

Hardus Botha

Hoe rooier hoe mooier - Bietoubos Damesklub

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

We safely transported 44 people from Brides Revival Ministry in Botrivier all the way to Johannesburg.

MNRJ Transport
Give a child a head start in 2026

Give a child a head start in 2026

Every year, the Grootbos Foundation supports the children in our Sports Programme...

Grootbos Foundation
See All Articles