Rugby en Netbal
RUGBY
Op Donderdag, 17 April, het die Gansie-rugbyspanne by Laerskool Hermanus kragte gemeet: 0/7 | 0/8 | 0/9 | 0/11 | 0/13A | 0/13B
Hermanus was sterk, en alhoewel ons spanne al hul wedstryde verloor het, het hul waardevolle lesse geleer oor moed, spanwerk en om nooit tou op te gooi nie.
Ons is trots op elke speler wat hul beste gegee het. Ons groei saam, ons leer saam. Gansies hou steeds hul koppe hoog!
NETBAL
Die Gansies 'n heerlike dag van netbal teen Laerskool Hermanus geniet op Donderdag, 17 April.
Ten spyte van die Gansies se goeie pogings, het Laerskool Hermanus geseëvier deur te wen teen ons 0/8- tot 0/12-, sowel as die 0/13A-span. Die 0/13B's het braaf gespeel en hul wedstryd gewen.
Wen of verloor, ons bly trots op elkeen van ons Gansies wat hulself voorberei vir die seisoen wat voorlê!