Rugby-uitslae: Donderdag, 24 April, teen Gansbaai Primêr
Ons spanne het alles op die veld gegee in hul wedstryde teen Gansbaai Primêr. Al het ons 0/7-, 0/11- en 0/13-spanne hul wedstryde verloor, het hulle steeds met moed en deursettingsvermoë gespeel - ons is trots op julle!
Ons 0/8- en 0/9-spanne het egter met oortuiging gewen en hul vaardighede en spanwerk mooi gewys. Welgedaan, manne!
Baie dankie aan al die ouers, ondersteuners en afrigters vir julle bydrae - elke wedstryd is 'n geleentheid vir ons spelers om te groei.