Geagte Franskraal Kunstenaars, Overstrand Munisipaliteit en Gemeenskap

Geagte Franskraal Kunstenaars, Overstrand Munisipaliteit en Gemeenskap

Gans-Berg Nuus / News

Geagte Franskraal Kunstenaars, Overstrand Munisipaliteit en Gemeenskapslede

-Ons, Dries en Cecilia, wil graag ons hartlike dank uitspreek aan almal wat bygedra het tot die sukses van die Franskraal Kunsroete Paasfees 2025-geleentheid wat van 18 tot 21 April 2025 gehou is.

-Ons bedank die talentvolle kunstenaars wat hul ateljees geopen het en hul kreatiwiteit en passie met ons gemeenskap gedeel het.  Jul deelname het hierdie 'n hoogaangeskrewe en werklik 'n spesiale unieke geleentheid gemaak.

-'n Spesiale dankie aan Dr./Prof.  Daniel Louw vir sy opbouende en inspirerende boodskap en dat hy die tyd geneem het om by ons te wees.

-Ons waardeer  Overstrand Munisipaliteit se ondersteuning en om die gebruik van hul fasiliteite, insluitend die Eilandhuisie aan ons toe te vertrou.  Hulle deurlopende bystand was vir ons van onskatbare waarde.

-Dankie aan ons Eilandhuisie Gasvroue wat die Eilandhuisie beman het met 'n verwelkomende glimlag en entoesiasme.

-Aan die digters, skrywers, uitgewers, woordkunstenaars en Bonsai-meester wat hul unieke talente ten toon gestel het, betuig ons ons dankbaarheid vir die verryking van die Franskraal Kunsroete-geleentheid met jul kreatiwiteit.

-Ons bedank verder die Franskraal Rolbalklub vir hul beskikbaarheid en ondersteuning.

-Ons waardeer ook die bydraes van grafiese ontwerpers, mediahuise,  drukkerye en buurtwagte, sonder wie hierdie geleentheid nie moontlik sou gewees het nie. 

-Ons is dankbaar vir  lede van die publiek wat dit van heinde en verre bygewoon het en die artistieke gees van Franskraal omarm.  Jul entoesiasme en waardering vir die kunste maak geleenthede soos hierdie werklik onvergeetlik.

-Baie geluk aan al die "Lucky Draw" wenners. 

-Ons opregte dank gaan ook aan die Franskraal Kunsroete Paasfees 2025 komitee en Woordkunskomitee wat onverpoos agter die skerms gewerk het om die geleentheid se sukses te verseker.

-Ons waardeer die ruim bydraes en borgskappe wat ontvang is, wat gehelp het om hierdie geleentheid moontlik te maak.

-Laastens wil ons graag ons waardering uitspreek teenoor die Bestuur van die Franskraalstrand Belastingbetalers- en Inwonersvereniging  vir hul onwrikbare ondersteuning deur hierdie projek. 

-Baie dankie weereens vir julle bydraes, deelname en entoesiasme.

Die uwe,

Dries en Cecilia Dreyer

082 3329 386

dries.dreyer53@gmail.com

Geagte Franskraal Kunstenaars, Overstrand Munisipaliteit en Gemeenskap

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles