Blog

Poegies soek nog ondersteuning

Poegies soek nog ondersteuning

Gans-Berg Nuus / News

Poegies soek nog ondersteuning

Die Poegie-manne vir die Poegie-uitdaging is dankbaar vir die goeie ondersteuning (klein of groot) tot hiertoe, maar die tyd hardloop uit en verdere ondersteuning, asook manne wat bereid is om die tog saam met hulle aan te pak, word dringend benodig. Manny de Bruyn van TMS Bouers en sy gedugte spanmaats beplan om vanaf Gansbaai na Hentiesbaai in Namibië en terug op 'n poegie se saal deur te bring - 4 000km in 10-12 dae! Hierdie uitdagende projek is ten bate van Ikamva Jeugontwikkeling. 

Die gewillige donateurs tot op datum is (alfabeties):

*Anglo Windows; *Besige Kabouters Worcester; *Blinds & Flooring Specialists; *Buco Gansbaai & Hermanus; * Prof JW Schneider (in vorige berig foutiewelik as Scheepers gemeld - jammer!); *Elite Rebel Motorfietsklub; *Nellas Cleaning Service (Australië); *Tildas Bakery (Struisbaai).

**Manny bedank graag vir Duyneveld Pub vir hulle fasiliteit vir die fondsinsamelingsfunksie wat daar gehou is, asook sy dogter, Almarie, vir haar reëlings en opruiming. Die Manne is goed ondersteun deur individue, asook deur die Sindikaat Mototfietsklub. “Dankie ook aan die deelnemende manne se vrouens wat hulle ondersteun.”

Die manne wat tans gekontak kan word, is:

*Manny de Bruyn: 082 675 8410; epos: admin@tmsbouers.co.za

*Japie Geldenhuys: 063 779 9974; epos: vettrilgerald@gmail.com

*Marius Alberts: 079 600 3971; epos: mariusallie1958@gmail.com

*Gerrie Schutte: 064 837 6292; epos: schuttegerrie@gmail.com

*Kobus Geyser: 082 875 7408;

epos: kobusgeyser77@gmail.com

Bankbesonderhede:

*Naam: IkamvaPoegieChallenge; *Bank: Nedbank; *Tipe: Spaarrekening; *Rekeningnommer: 2053776528.

Hierdie manne verdien ondersteuning vir hierdie besonderse uitdaging vir liefdadigheid.

Hardus Botha

Poegies soek nog ondersteuning

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

We safely transported 44 people from Brides Revival Ministry in Botrivier all the way to Johannesburg.

MNRJ Transport
Give a child a head start in 2026

Give a child a head start in 2026

Every year, the Grootbos Foundation supports the children in our Sports Programme...

Grootbos Foundation
See All Articles