Liezl Prinsloo se uitdienstrede na 31 jaar in haarbedryf

Liezl Prinsloo se uitdienstrede na 31 jaar in haarbedryf

Gans-Berg Nuus / News

image left

Liezl Prinsloo se uitdienstrede na 31 jaar in haarbedryf

“Na 31 fantastiese jare in die haarbedryf, is ek hartseer om aan te kondig dat ek die moeilike besluit geneem het om, as gevolg van my gesondheid, as haarstilis af te tree,” lui Liezl Prinsloo (50) van Hair Haven se groete-boodskap op Facebook aan haar kliënte. “Dis eintlik na 'n leeftyd en al 31 jaar was in Gansbaai,” het Liezl Gans-Berg Nuus meegedeel. “En ek wil elkeen van my kliënte bedank vir die vertroue, lojaliteit en ondersteuning wat julle oor die jare aan my getoon het - dit was 'n voorreg om deel van julle lewens te kon wees en julle te help om op julle beste te lyk en te voel.”

Liezl is op 30 November 1974 in Worcester gebore, maar het in Montaqu grootgeword. Vir haar hoërskool-onderrig was sy by Hermanus Hoërskool. Sy voltooi haar studies as haarstilis aan die einde van November 1994 aan die destydse Tygerberg Kollege in die Kaap. Direk daarna begin sy by haar ma, Marie Marmetschke, se haarsalon, Salon Marze, werk. “Riaan het eendag by die salon ingestap gekom en hom aan my voorgestel en net daar vir hom gesê om vir my te kom kuier,” vertel Liezl. “Ek het baie verleë gevoel, maar-nou-ja, Riaan was toe wel my toekomstige man!” Ds NJ van As het hulle op 26 Oktober 1996 in die NG-Kerk Gansbaai in die huwelik bevestig. Twee kinders is uit die huwelik gebore: 'n seun, Shaun (23) en 'n dogter, Tineke (19).

“Sowat 5 jaar later het my ma afgetree en ek het die salon by haar oorgeneem, maar 'n paar jaar later aan Aljoma du Toit verkoop,” het Liezl oor die res van haar loopbaan as haarstilis begin gesels. Daarna is sy na Junita by Visions Hair in die ou Sea View gebou, maar het later 'n plekkie by Rosemary gehuur, waar sy en Tracy Gibson begin werk het. “Ons kliënte het te veel begin raak en ons het na 'n ander perseel in Fabriekstraat verhuis en Hair Tizelle Salon geopen. Die salon het sy later aan Lisie verkoop en vir nog 6 jaar daar gewerk. In November 2023 is Liezl na Hair Haven in Hoofstraat, waar sy tot en met haar aftrede gewerk het. 

“My kliënte het geen rede tot kommer omdat ek weg is nie,” het sy gesê. “My wonderlike kollegas, Tracy (076 335 1369) en Isabel (072 483 5469), sal met graagte na al hulle haarbehoeftes omsien!” Wat van toekomsplanne? “As gevolg van my gesondeheid gaan ek hoofsaaklik rus, lekker kos kook en beskuit bak omdat ek nooit tyd daarvoor gehad het nie,” het Liezl die gesprek met die Gans-Berg Nuus afgesluit. “Ek is ook lief vir naaldwerk en hoop ek kan by die Kersmark inkom en daarna moontlk ook by kleiner markies.” Soveel jare in dieselfde beroep in dieselfde dorp - Gans-Berg Nuus se Redaksie wens Liezl net die beste vir haar gesondheid en “pensioenjare” toe!

Hardus Botha

Liezl Prinsloo se uitdienstrede na 31 jaar in haarbedryf

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

We safely transported 44 people from Brides Revival Ministry in Botrivier all the way to Johannesburg.

MNRJ Transport
Give a child a head start in 2026

Give a child a head start in 2026

Every year, the Grootbos Foundation supports the children in our Sports Programme...

Grootbos Foundation
See All Articles