Blog

Noodkreet vir OMR Ambulansdienste

Noodkreet vir OMR Ambulansdienste

Gans-Berg Nuus / News

Image

Noodkreet vir OMR Ambulansdienste

'n Noodkreet gaan uit na die gemeenskap, besighede en individue vir die voortbestaan van Overstrand Medical Response (OMR) van Cassie en Chantell Carstens - hierdie nood het duidelik navore gekom tydens samesprekings met OMR se lede op Dinsdagaand, 20 Mei 2025 in Laerskool Gansbaai se saal, aangesien dit 'n ernstige saak is wat die gemeenskap in sy geheel ten diepste raak.

Tydens die gesprekvoeringe, is daar na Overstrandse Munisipaliteit se populasiesyfers van 2020 verwys. “Daaruit is bereken dat daar een ambulans per 4 000 mense in die Overstrandgebied is, wat intussen verhoog het,” het Chantell gesê. Hier kan wel verwys word na CMC (Critical Medical Care) in Hermanus wat Gansbaai, Caledon, Kleinmond en Bredasdorp met verskeie voertuie van effektiewe ambulansdienste voorsien. In aggenome die populasiesyfers blyk dit egter sonder twyfel dat die Overstrand wel 'n nood het aan meer as een ambulansdiens/ste.

“Ek wil eerstens net praat oor die onvermydelike omstandighede wat OMR se agteruitgang veroorsaak het,” het Chantell gesê. “Wat ek net wil beklemtoon, is dat ons, en veral Cassie, nie handdoek ingegooi het sonder om iets te probeer doen nie, ons het alles moontlik gedoen om die situasie te beredder.”

Cassie het in 2009 hier aangekom, OMR gestig en van die huis af gewerk. In 2020, as gevolg van Covid en vereistes deur die Departement van Gesondheid, het OMR gesluit, maar Cassie het steeds die gemeenskap as 'n 'Community Medic' in nood bygestaan, terwyl Chantell by 'n ander privaat diens aangesluit het. Cassie het egter nooit sy lisensie by die Departement van Gesondheid opgegee nie en het ook sy praktyknommer behou.

Nadat St John in die Overstrand-area toegemaak het, is OMR, met die hulp van 'n aanvanklike belegger, in Desember 2023 weer op die been gebring. Saam met die heropening van OMR in Desember 2023, is daar aansoek gedoen by die Departement van Gesondheid om die lisensie op te gradeer, wat 'n beter finansiële posisie vir OMR sou beteken. Hierdie aansoek is in Januarie 2024 ingedien, en 'n proses wat maksimum 5 maande moes duur, het bykans 11 maande geneem. As gevolg van hierdie geweldige vertraging, het die beleggers wat betrokke was, onttrek weens ander besigheidsbelange. Sonder hierdie opgradering plaas dit ongelooflike finansiële druk op OMR se voortbestaan. Die opgradering sou bykans R200 000 kos, maar sou verseker het dat inkomstes met minimum 40% sou verhoog.

Moontlike oplossings soos beleggers, asook besigheidslenings, is gesoek, maar omdat OMR na 'n jaar nog geen kredietrekord opgebou het nie, kwalifiseer OMR nie vir krediet nie. Die opsie om 49% aandele in OMR te verkoop, was ook op die tafel en is nogsteeds. Vennootskappe met onder andere die nuwe hospitaal is ook oorweeg, sonder sukses. Verskeie voorstelle is deur die lede gemaak, wat die voortbestaan van OMR kan verseker sou die huidige situasie beredder kan word. OMR was nog altyd 'n diens wat die finansiële omstandighede van 'n pasiënt in ag geneem het. “Die dag wat ons geld bo die lewe van 'n persoon in nood plaas, is die dag wat ons van beroep moet verander,” het Cassie en Chantell gesê. 

Vir enige navrae, voorstelle of ondersteuning in hierdie verband, kan Chantell by 084 059 0045 of Cassie by 078 427 8647 gekontak word.

Hardus Botha

Noodkreet vir OMR Ambulansdienste

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fiscal Flycatcher Babies Thrive

Fiscal Flycatcher Babies Thrive

Our parting shot this week is of the fiscal flycatcher babies that were born a week ago in a nest just outside our office. 

Grootbos Foundation
20 Days to Christmas: Check-off Time

20 Days to Christmas: Check-off Time

Is there anything you didn’t manage to complete this week? 

19 Days to Christmas: Lazy Time

19 Days to Christmas: Lazy Time

School sports are finished. The crazy rush-around of a Saturday is done. You have a few extra hours on hand.

The Mirror Within

The Mirror Within

We look at other relationships through the prism of our personal relationship with self.

Graad 3 Vier ’n Jaar van Pret en Prestasie

Graad 3 Vier ’n Jaar van Pret en Prestasie

Die graad 3-leerders het Maandag, 1 Desember hul jaarlike afsluitingsfunksie by Groeneweide gehou. 

Laerskool Gansbaai
Overstrand Tourism Diary: 3 - 7 December 2025

Overstrand Tourism Diary: 3 - 7 December 2025

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary, filled with music, markets, walks, workshops, and live entertainment...

Gansbaai Tourism
See All Articles