Blog

Birkenhead Boothengelklub Birkenheaders goed op dreef

Birkenhead Boothengelklub Birkenheaders goed op dreef

Gans-Berg Nuus / News

Birkenhead Boothengelklub Birkenheaders goed op dreef

Die Birkenhead Boothengelklub se hengelaars het goed gedoen met Saterdag, 17 Mei 2025 se boothengelkompetisie. Joe Smit met sy boot, GI Joe, se snoek en sy bootgemiddeld, saam met Joey Rademeyer (bemanningslid) se vangstes, het hulle voorsprong na die einde van die jaar gerek en die ander sal moet spook om in te haal.

Kompetisie-uitslae:

9 bote het ingeskryf, waarvan 8 ingeweeg het. Die totale bemanningslede was 26, waarvan 4 dames was. 5 spesies (132 visse) is ingeweeg, met 'n totale massa van 94.90kg. Die gemiddelde massa per hengelaar was 3.70kg.

Volledige uitslae:

Die volledige uitslae is soos volg:

Swaarste vis, Joe Smit (snoek, 3.35kg); 2de Swaarste vis, Lester Langley (roman, 1.95kg); Swaarste sak Mans, Joe Smit (10.50kg); 2de Swaarste sak Mans, Andrew Leigh (6.15kg); Swaarste sak Dames, Joey Rademeyer (5.85kg); 2de Swaarste sak Dames, Trix Langley (3.50kg); Swaarste bootgemiddeld, GI Joe van Joe Smit (8.18kg); 2de Swaarste bootgemiddeld, Beverly-Ann van Bertie van der Merwe (4.71kg).

Voorlopers:

1ste 3 Bootkampioene:

GI Joe van Joe Smit (52.19kg); Oupa van Ben Uys (33.45kg); WaCa van Carl Dyer (26.79kg)

1ste 3 Visvangkampioene Mans:

Joe Smit (71.35kg); Leon Lombard (35.10kg); Ben Uys (34.05kg).

1ste 3 Visvangkampioene Dames:

Joey Rademeyer (32.30kg); Trix Langley (17.70kg); Anita Vermeulen (5.40kg).

Visvangkampioen Juniors:

Ruan Langley (7.60kg).

Dit lyk of die boothengelaars sal moet opskud om GI Joe se Joe Smit en Joey Rademeyer verby te steek voor die einde van die jaar - mooi, julle twee!

Hardus Botha

Birkenhead Boothengelklub Birkenheaders goed op dreef

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles