
Gansbaai Musiektalent Straal by Pinkstermaal
Gansies deel hul musiektalent by Pinkstermaal.
Sewe van ons Gansies en twee oud-Gansies, Arielle en Armand du Plessis, het Vrydagaand, 6 Junie, by die NG Kerk Gansbaai se Pinkstermaal opgetree. Die aand se program het bestaan uit verskeie sang- en ensemble items.
Hanro Coetzer het twee solo sangitems uitgevoer. ‘n Trio van Graad 3-leerders - Layli Appel, Mieke Groenewald en Liahné Otto - het ook ’n lied gesing en later saam met Arielle en Vera du Plessis opgetree.
Die talentvolle Du Plessis-ensemble het verskeie items aangebied, waaronder ‘n beurtsang duet, ’n kanon en gesamentlike sang deur Arielle, Eben en Vera. Armand het die viool gespeel en Jan-Dawid die kitaar.
Wat ’n voorreg om soveel musiektalent in ons Gansie-gemeenskap te hê!









