Blog

Jeugdagvieringe

Jeugdagvieringe

Laerskool Gansbaai

Jeugdagvieringe

Laerskool Gansbaai se Junior- en Seniorkoor het op Jeugdag, 16 Junie 2025, aan die "Fine Arts Choir Festival" in Hermanus deelgeneem.

Die Koorfees was ter afsluiting van die afgelope tien dae se "Fine Arts Festival" wat in Hermanus aangebied is.

Die doel van hierdie fees is om die kunste en kunstenaars in die groter Hermanusarea blootstelling te gee en ons hoop dit sal in die toekoms uitbrei.

Ons skool was een van 'n hele paar skole wat opgetree het en was ook bevoorreg om deel te wees van die massakoor wat onder Marimba-begeleiding "shoshaloza" as die finalé gesing het.

Daar was geen kompetisie hieraan verbonde nie, maar dit het die leerders baie goeie blootstelling vir Eisteddfod asook ander optredes gegee wat nog hierdie jaar vir hul voorlê.

Dit was ook 'n goeie ondervinding vir ons Gansies om in 'n groot saal, met 'n groot verskeidenheid mense, op te tree en te luister na ander kore.

Jeugdagvieringe

Laerskool Gansbaai

Welkom by Laerskool Gansbaai, ‘n Multikulturele Afrikaans Enkelmedium Laerskool in Gansbaai vir leerders vanaf Gr R tot Gr 7. By Laerskool Gansbaai val die fokus op gebalanseerde ontwikkeling en positiewe leer. Toegewyde en talentvolle personeel werk saam om studente aan te moedig om hul persoonli...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Why Success Still Feels Empty

Why Success Still Feels Empty

How many times have you reached a goal you were certain would bring fulfilment...

Sport Updates

Sport Updates

This week, Grootbos coaches have assisted at local schools inter-house athletics days.

Grootbos Foundation
Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai Kleuresport 2026

Laerskool Gansbaai se jaarlikse kleuresport-atletiekbyeenkoms is op 22 en 23 Januarie 2026 aangebied.

Laerskool Gansbaai
Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 van Laerskool Gansbaai Begin Clivia-Kweekprojek

Graad 2 het vandag hul selfgekweekte clivia-plantjies uitgeplant in plastieksakke.

Laerskool Gansbaai
Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

Long-Distance Transport from Botrivier to Johannesburg

We safely transported 44 people from Brides Revival Ministry in Botrivier all the way to Johannesburg.

MNRJ Transport
Give a child a head start in 2026

Give a child a head start in 2026

Every year, the Grootbos Foundation supports the children in our Sports Programme...

Grootbos Foundation
See All Articles