Goud en Silwer vir Poco Musica se Talente!
Baie geluk aan Poco Musica se snare-span met pragtige items wat aangebied is by die 1ste Flame Eisteddfod in Hermanus op Saterdag, 2 Augustus. Julle maak ons so trots!!
Stiaan Fourie en Neël Groenewald het elkeen goud verwerf vir hul solo-items op kitaar.
Ons Grondslagfase ukulele-spelers :
* Francois Marais het 'n silwer sertifikaat ontvang vir sy solo item.
* Karli Radyn en Francois se duet op ukulele het silwer verwerf.
Kitaar ensemble: Stiaan Fourie, Neël Groenewald, Wilhelm Buhr (en oud-Gansie Marni Hoon) het ook silwer ontvang.
Groot geluk aan jul elkeen!

Baie geluk aan ons Gansie-pianiste (Poco Musica o.l.v. Asanti Smit) wat op 2 Augustus deelgeneem het aan die Flame Eisteddfod se solo-instrument afdeling in Hermanus.
Die klawers het behoorlik rondgedans en pragtige kommentaar is ontvang. Ons is baie trots op julle!
Goud: Skye Booysen, Liëtte Kotze, Ninke Kotzé
Silwer: Isabelle de Villiers, Hanro Coetzer, Gretchen Buhr, Liahné Otto
Ons wens ook al ons Poco Musica-musikante wat gedurende Augustus hul 1ste ALMSA musiek-eksamens in klavier en blokfluit aflê, spesiale sterkte toe!











