
Leerlingraad 2026
Gansbaai se leierstemme vandag gehoor!
Ons is trots om aan te kondig dat die Leerlingraad van 2026 vandag by Laerskool Gansbaai verkies is, met die hulp van Voting Crowd, 'n elektroniese verkiesingsplatform.
Baie geluk aan elke leerder wat verkies is - julle is die stem en die voorbeeld van ons skool. Ons glo dat julle met trots, verantwoordelikheid en leierskap gaan dien en ’n verskil sal maak in 2026. Die nuwe leiers vir 2026 is:
Lisa Beets, Chelsey Els, George Ferreira, Johané Gericke, Abbigail Hage, Luchay Jansen, Surané Jansen van Rensburg, Luke Julies, Maks Kotze, André Leach, Chelsey Louw, Zean Ludick en Keagan van der Westhuizen.
Dankie ook aan al die leerders wat hul stemme uitgebring het - saam bou ons aan ’n sterker, trotse Gansbaai!









